'n Vrou van North-Carolina in Amerika het uit haar koma ontwaak nadat dokters haar pasgebore baba saam met haar in die hospitaalkamer laat lê het.

Shelly Cawley en haar man, Jeremy, se dogtertjie is einde verlede jaar gebore, maar weens komplikasies met die geboorte het Shelly net na die geboorte in 'n koma verval, berig Buzzfeed.

Dokters was raadop gespook en het later besluit om Shelly se dogtertjie, Ryland, by haar op die hospitaalbed te sit. Omdat kontak met hul ma so goed is vir pasgeborenes, het dokters gehoop dit het dieselfde effek wanneer die ma met haar kleinding kontak maak.

tya

Toe Ryland eers begin huil het, het dokters dadelik 'n verbetering by haar ma gesien. Shelly het aan FOX46 gesê dokters glo dat toe sy haar baba hoor huil het haar liggaam weens instink 'n onbewustelike rede gehad om te veg. Sy het kort daarna gestabiliseer en wakker geraak.

Ma en dogter is vandag gelukkig en gesond - en kan dié mooi storie nog vir jare met hul geliefdes deel.

Bronne: Facebook, BuzzFeed, Fox46