In die video kan gesien word hoe Teddy sy ogies op ses uur oud knip en verward rondkyk.

Sy ma, Amelia Morris, het hom daarna feitlik elke week afgeneem, en ’n mens kan sien hoe Teddy ál groter word en talle mylpale bereik. Die video wys byvoorbeeld hoe Teddy begin kruip, sy eerste melktande kry, begin loop en self eet. Selfs die familie se hond maak ’n paar keer sy verskyning.

Nuwe ouers kan kers opsteek by Amelia en dieselfde met hul pasgebore babas doen. So ’n video kan eendag ’n baie oulike aandenking wees.

Kyk hier na die video:

Bronne: YOUTUBE; HUFFINGTON POST