Hy het aan die einde van die les ’n paar lewenswyshede met die klas gedeel.

Selfvertroue

Glo in jouself! Moenie toelaat dat ander jou intimideer nie – jy is slim genoeg om jou mening te mag lug. Jou vriende, familie en selfs jou onderwysers is almal aan jou kant om jou aan te moedig – glo self dat jy ’n sukses van jou skoolloopbaan kan maak.

Jy is nie ’n slagoffer nie

Hou op om die rol van ‘slagoffer’ te speel. Almal het uitdagings in hul lewe, hetsy dit fisiese gestremdheid, finansiële moeilikheid of moeilike huisomstandighede is. Jy sal moet baklei vir dit wat jy uit die lewe wil hê, niemand gaan jou jammerkry nie.

Gryp jou geleenthede aan

As jy ’n gap sien, vat dit! Jy het die potensiaal om baie suksesvol te wees, jy moet net die geleenthede om jou raaksien. Oprah Winfrey, een van die wêreld se suksesvolste mense, het self gesê sy het gekom tot waar sy vandag is omdat sy die geleenthede om haar raakgesien het.

Moenie moed opgee nie

Walt Disney het destyds gesê: Moet nooit, ooit opgee nie. Al laat die wêreld jou glo jy gaan nooit uit jou omstandighede ontsnap nie – moet nooit moed opgee nie! Werk hard en byt vas. Vra jouself die vraag af: “Wil ek hier bly vir die res van my lewe of wil ek hier uitkom sodat ek ’n verskil kan maak?”

Oudpresident Nelson Mandela het gesê: “Onderwys is die kragtigste werktuig om die wêreld te verander." Maar dit is ook die kragtigste manier waarmee jy jouself kan verander.

Shané Barnard