dino-kinders

Op dié lewensgroot plakkaat wat jy teen jou muur kan plak, sal jy presies kan sien hoe groot die blitsvinnige velosiraptor was. Hy was nou wel een van die kleiner dinosourusse, maar jy sou baie vinniger as die wêreld se vinnigste man moes hardloop om uit sy skerp kloue te bly! Sy naam beteken “vinnige rower”.

Dié week (28 Augustus) verskyn die eerste deel van die plakkaat en die aanwysings.

Sorg dat jy Huisgenoot se volgende vyf uitgawes ook kry, want in elk verskyn een stuk van dié plakkaat wat soos ’n legkaart inmekaarpas. Versamel al ses middelblaaie om die 3D-plakkaat saam te stel.

Dis ’n goeie idee om dit met karton te verstewig. Sodra jy jou plakkaat monteer het, kan jy jou slimfoon of tablet (iOS of Android) gebruik om te kyk hoe die velosiraptor voor jou oë lewe kry.

Laai Huisgenoot se 3D-app gratis af by die Apple App- of Google Playwinkel en kyk hoe die lewensgroot 3Dmodel uit jou plakkaat spring.

KLIK HIER om in te teken op Huisgenoot