Hoewel dit een van die ongelooflikste ervarings is wat hulle sal beleef, is dit natuurlik om senuweeagtig te wees oor wat jy moet inneem om die maklikste swangerskap moontlik te verseker.

Daar is ’n paar dinge wat almal weet vermy moet word, soos alkohol, sigarette, halfgaar vleis en sagte kaas. Maar daar is nog dinge wat jy kan doen om te verhoed dat jy jou ongebore baba skade aandoen.

Tuisgemaakte roomys

Swangerskaphormone kan jou na allerhande dinge laat smag, maar soetgoed bly een van die algemeenstes. Wanneer jy lus het vir roomys, is dit beter om dit te koop. Tuisgemaakte roomys bevat dikwels rou eier, wat salmonella kan huisves. Of jy kan jou eie eiervrye roomys of ’n resep met gepasteuriseerde eier gebruik.

Kruietee

Swanger vroue weet hulle moet hul kafeïeninname beperk, en party sny dit sommer heeltemal uit. Maar dis ook ’n goeie idee om nie te veel tee te drink nie. Daar is nie veel navorsing oor die uitwerking van kruie op ’n fetus nie, maar oor die algemeen is enige tee met herkenbare bestanddele veilig. Maak net seker jy kyk of dit bygevoegde kafeïen bevat.

Feestyd-etes

Kersfees is om die draai, en dit beteken net een ding – buffets. Maak net seker jy onthou om gerookte kouevleis, patee, kase wat ryp word met skimmel (soos brie en camembert) en sagte bloukaas te vermy. Gelukkig is alle kase darem nie taboe nie – sagte kaas gemaak van gepasteuriseerde melk is in die haak en dit sluit in mozzarella, feta, halloumi, maaskaas en roomkaas. Gerookte vis, wat salm insluit, word gewoonlik as veilig beskou, maar sommige raai aan dat swanger vroue dit vermy omdat die rookproses dalk nie genoeg is om van alle spore van die bakterie listeria ontslae te raak nie.

© Cover Media