Is jy op soek na 'n lekker vasvra om met jou klas te doen oor water? Jy kan die inhoud verwerk en 'n paar prentjies of net wat jy wil, byvoeg. Of neem sommer net die inligting so en stel 'n daaroor op as jy wil. Die antwoorde is heel onder. Geniet dit!

Elke druppel tel

Water is ons waardevolste hulpbron, maar Rand Water voorspel die vraag daarna sal die aanbod teen 2025 oorskry. Ons vriende by WWF Suid-Afrika en Ocean Basket ’n prettige lys keusevrae saamgestel wat jy vir jou klas kan uitdruk (die antwoorde is onder).

1) Waar kom die meeste van ons water vandaan?

a) Krane

b) Reënval

c) Riviere

2) Die reënval in Suid-Afrika is:

a) Oorvloedig

b) Niebestaande

c) Ongelykmatig en seisoenaal

3) Hoeveel water gaan elke jaar verlore weens lekke in stedelike voorsieningstelsels?

a) 12 persent van water

b) 37 persent van water

c) 98 persent van water

4) Hoeveel kos waterlekke Suid-Afrika elke jaar?

a) Sowat R2 miljoen

b) Sowat R100 miljoen

c) Sowat R7,2 biljoen

5) Maak jou tuin waterwys deur:

a) Inheemse, droogtebestande plante te plant wat min water nodig het.

b) Identifiseer en verwyder uitheemse indringerplante in jou tuin en plaaslike vleiland. Gooi jou tuin net baie vroeg soggens of ná sononder nat om onnodige verdamping te voorkom.

c) Belê in ’n reënwatertenk.

d) Al die bogenoemde.

6) Hoeveel huishoudelike water word vir onnodige goed gebruik soos tuin natgooi of swembaddens volmaak?

a) 10 persent

b) 20 persent

c) 40-60 persent

7) Hoeveel liter kraanwater verg dit om 1 liter bottelwater te maak?

a) 1 liter

b) 2 liter

c) 3 liter

8) Hoe moet jy van giftige verf, oplosmiddels, chemikalieë, giwwe of onkruiddoders ontslae raak?

a) Gooi dit in die kombuiswasbak of in stormwater- of riooldreine af.

b) Gooi dit in die vullisblik.

c) Vind uit waar die naaste afvalperseel vir gevaarlike stowwe is en raak verantwoordelik van besoedelende stowwe ontslae.

9) Wat is die grootste gevaar vir water van die oorsprong van 'n rivier tot by die watergebruiker en 'n riviermond?

a) Besoedeling weens kunsmis, afvalwaterbehandelingsaanlegte en mynbou.

b) Oor-onttrekking uit strome en boorgate.

c) Oormatige verliese weens lekkende pype.

d) Al die bogenoemde.

10) Wat is die Blou Skerpioene?

a) Insekte wat seer kan steek.

b) ’n Groep polisielede wat dwelmsmokkelary ondersoek.

c) ’n Eenheid wie se taak dit is om die Nasionale Waterwet af te dwing.

Bronne: World Wildlife Fund (WWF) South Africa, Ocean Basket

Antwoorde: (C, C, B, C, D, C, C, C, D, C)