PASTA MET TAMATIESOUS

KOS 22 NOV

JULLE HET NODIG

water

½ t sout

pasta

1 e (15 ml) olie

1 knoffelhuisie, gekap

1 blik gekapte tamaties

1 e (15 ml) suiker

1 e (15 ml) Italiaanse kruie

cheddarkaas

vars kruie soos basilie, gekap

MAAK SO

1 Kook die water.

2 Voeg die sout by die water.

3 Voeg die pasta by en kook dit volgens die aanwysings op die pakkie.

4 Dreineer die pasta.

5 Maak die olie warm.

6 Skil en kap die knoffel.

7 Braai dit in die olie.

8 Voeg die tamaties by.

9 Voeg die suiker en kruie by.

10 Laat dit 10 minute stadig prut.

11 Skep die sous oor die pasta en meng dit.

12 Rasper die kaas en strooi bo-oor. 13 Garneer met die gekapte basilie.  

MAANROTSKOEKIES

KOS 22 NOV

JULLE HET NODIG

1½ k (375 ml) bruismeel

90 g sagte botter

110 g (½ k of 125 ml) bruinsuiker

125 g rosyntjies

1 ml kaneel

1 eier, geklits

MAAK SO

1 Voorverhit die oond tot 200 °C en smeer ’n bakplaat.

2 Plaas die bruismeel in ’n bak.

3 Vryf die botter met jul vingers in die bruismeel tot dit soos growwe broodkrummels lyk.

4 Meng die suiker en rosyntjies met die hande by.

5 Voeg die kaneel by.

6 Voeg die geklitste eier by die mengsel.

7 Meng alles met ’n vurk saam tot dit goed gemeng is.

8 Druk die mengsel met die hande in ’n bal vas.

9 Verdeel die deeg in 8-12 balletjies. Druk dit effens tussen jul hande, maar dit moenie te glad en rond wees nie, dit moet eerder soos rotsies lyk.

10 Plaas die balletjies op die bakplaat en bak dit 15 minute in die voorverhitte oond.

11 Laat dit koekies op ’n rakkie afkoel. VARIASIES Vervang die rosyne met 125 g sjokoladesplinters, 125 g suikerstrooisels of 100 g sjokolade. Foto's: David Briers. Resepte: Esther Malan Kry hier nog heerlike aktiwiteite wat die jongspan sal besig hou, vermaak en belangrike vaardighede sal ontwikkel:

Bak en brou

 Hou die kinders besig!

10 speletjies wat slim maak

Werk vir ’n beter wêreld

Maak dit self

Doedoe Poppie

Maklike kunsprojekte

Maak ’n trein uit ’n skoenboks

Maak 'n bliktelefoon