Wat gaan nou hier aan?

’n Nuwe Vine (’n kort internetvideo wat oor en oor speel) wat soos ’n veldbrand op die internet versprei, wys ’n tienerseun wat blykbaar ’n klein groen balletjie herhaaldelik na homself gooi . . . deur ’n spieël.

Lees ook: Kan jy die versteekte prentjie binne dié rooi kol sien?

Dié optiese illusie laat internetgebruikers erg kopkrap, want jy sien tog hoe gooi die Vine-gebruiker Kevin Parry die bal, maar dan skielik kom die balletjie weer terug na hom gebons.

Kevin, van die Amerikaanse deelstaat Oregon, beskryf hom as ’n “stop-motion animator”. In die video gooi hy die balletjie met sy een hand en verfilm hom met sy foon in die ander.

Lees ook: Die foto wat die internet dronkslaan: hoeveel meisies is daar?

Die feit dat hy hom in ’n spieël afneem, skep die illusie dat die balletjie as’t ware deur die spieël bons na ’n weergawe van Kevin wat dit vang in ’n parallelle heelal.

Die video het gou reaksie ontlok nadat Kevin dit die naweek op Vine gedeel het. Een kyker het laat hoor: “My kop het byna gaan staan,” terwyl ’n ander gesê het: “Goeiste! Ek het nie geweet wat gebeur nie. Ek weet nou nog nie.”

– Petrus Malherbe

Bronne: Vine; The Blaze

Lees ook op Huisgenoot.com:

Spring vinnig! Tasmanië is dringend opsoek na ’n ‘Chief Wombat Cuddler’!

Ouma oorleef wonderbaarlik ná sy deur veiligheidshek se spitspen deurboor word

Is dit dalk beter om bles te wees?

Kyk: Kettingbotsing in China laat hoofweg soos ’n skrootwerf-nagmerrie lyk