Die videogreep getiteld “Pa is beter as ’n pretpark” wys ook hoe die kleuter gevaarlik naby die vloer kom terwyl sy rondgegooi word.

Hoewel dit lyk of sy aan die begin lag, verander haar emosies en sy begin later huil. Die onderskrif “moenie bekommerd wees nie sy voel goed” verskyn daarby.

“Dit is ’n KIND, nie ’n lappop nie. Duidelik huil sy. Asseblief, nooit weer nie,” was een persoon se kommentaar. Ander het gevra dat die pa gearresteer word.

Kyk hieronder na die video:

Bronne: Youtube.com, metro.co.uk