Praat van ’n naelbyt-oomblik!

In die video ry ’n bestuurder in China agteruit en bo-oor die kleuter. Die seuntjie lê instinktief doodstil en het dit op ’n manier vermy om deur die vragmotor se wiele verbrysel te word.

Die skokkendste deel is wanneer die bestuurder wegry sonder om uit die voertuig te klim en te kyk of die kind oukei is.

Maar die kleinding staan net op en lyk doodkalm terwyl hy weghardloop.

Kyk na die video:

Bronne: YouTube.com, metro.co.uk