“Wat ’n man, wat ’n genie!”

Op hierdie video, wat uiters gewild geraak het, word die boeiende oomblik vasgevang toe ’n dokter met sy hande ’n baba binne twee minute omdraai wat in die stuitposisie is.

Die dokter, ’n praktiserende arts by die Royal Sussex County-hospitaal in Brighton, Engeland het die baba omgedraai deur bloot die vrou se maag te masseer.

“Sê net as jy dit nie verder kan uithou nie,” waarsku hy die vrou, wat 36 weke swanger is.

Hy gebruik net sy hande om die fetus te draai sodat die kop na onder wys.

“Dit het aardig gevoel,” kan jy die ma hoor sê.

“Wat ’n man, wat ’n genie!,” sê die mens wat die kamera vashou. “ ’n Mens sien hoe sy draai. Dit was verstommend.”

Die boeiende video is al meer as 2 miljoen keer gekyk.