Photo EK DINK een van die moeilikste dinge van ouerskap is om ’n baba of kleuter kos te gee. Dis moeilik, want die enigste meetbare ding wat jy as ma het, is hoeveel gewig jou baba aansit. En al lyk dit soos die een ding wat jy kan beheer, is dit eintlik die een ding wat jy nié kan beheer nie. Omdat etenstyd so dikwels gelaai is met angstigheid en emosie, deel ek graag vyf wenke om dit makliker te maak. 1 Groeikaarte is riglyne Jou baba se groeikaart is ’n riglyn, nie ’n doelwit nie. Die belangrikste is dat jou kind van een weegslag tot die volgende wel gewig aansit. Moet jou baba nie elke week laat weeg nie, tensy sy vroeggebore of siek was of daar reeds rede tot kommer bestaan. Jy hoef jou dokter werklik net te raadpleeg as jou baba gewig verloor of as haar lengte:gewig-verhouding beduidend verander. As jou baba se groeikurwe skielik verander, kan jy dit ook onder jou dokter se aandag bring. In ’n neutedop: As jou baba gewig aansit, gelukkig is, goed slaap en 8-10 nat doeke per dag het, kry sy waarskynlik heeltemal genoeg te ete. 2 Kies jou gevegte

Voeding is die een ding waaroor jy nie onnodige stres wil hê nie want as etenstyd in ’n slagveld verander, kan dit emosionele probleme veroorsaak. Die belangrike gevegte is:

  • Jy besluit waar jou baba eet.
  • Jy besluit wat jou baba eet.
  • Jou baba besluit hoeveel sy eet.
3 Smyt skuldgevoelens weg Omtrent elke ma voel skuldig oor wat sy of haar baba geëet het. Dit begin in swangerskap wanneer jy sleg voel oor daardie een koppie koffie of die soesji wat jy nie kon weerstaan nie., Die bors/bottel-debat is nog ’n plofbare vraagstuk  en natuurlik is die bekendstelling van vaste kos ’n enorme mynveld. Die beste oplossing is om van die ideaal te vergeet – doen jou bes en doen die res met liefde. 4 Eet sosiaal Ek haat dit om alleen te eet – en jy? Waarom verwag ons dan dat ons kleuters ’n vervelige mengsel van ertjies en wortels met ’n gehoor moet eet, maar met geen maters aan tafel nie? Eet sosiaal saam met jou kleuter – hou minstens een keer per week ’n gesinsete en eet saam met jou kleuter terwyl julle gesels en dit geniet. Die beste maaltye is dié wat sosiaal is. 5 Hou dit gesond Gesonde kos is ’n wonderlike gawe want dit leer kinders gesonde gewoontes vir die res van hul lewe. In beginsel moet jou doelwitte soutloos, min suiker en geen gemorskos nie wees. Maak self jou baba se kos en as jy nie kan nie, kies maaltye wat heilsaam voorberei is eerder as kitskos. - Meg Faure Bespreek nou jou plek by Meg se Baby Essentials-werksessie as jy meer wenke oor gesonde eetgewoontes wil hoor – bel 021-462-1508.

– Meg Faure

Meg small Meg Faure is ’n arbeidsterapeut met ’n belangstelling in babas, veral die wat ekstra moeilik is of sukkel om te slaap.Sy is  medeskrywer van dié topverkopers:  Baby Sense, Sleep Sense,  Feeding Sense en Your Sensory Baby. Meg het ook ’n versameling Baby Sense-produkte ontwerp na aanleiding van die beginsels wat in haar boeke bespreek word.