MODDERPASTEITJIES

KOS 22 NOV

JULLE HET NODIG

175 g botter

1 e (15 ml) kakaopoeier

½ k (125 ml) strooisuiker

125 g gemengde droëvrugte soos rosyne of korente, gekap

200 g koekies (enige soort), fyngedruk

200 g sjokolade

MAAK SO

1 Smelt die botter in ’n kastrol.

2 Voeg die kakaopoeier en strooisuiker by.

3 Voeg die droëvrugte en fyn gedrukte koekies by.

4 Meng alles goed saam. Die mengsel sal krummelrig wees.

5 Skep die mengsel in ysbakkieholtes – kies ’n ysbakkie wat taamlik soepel is.

6 Druk die mengsel met ’n houtlepel plat.

7 Plaas die ysbakkies sowat 2 uur in die yskas.

8 Breek die sjokolade in stukke en smelt dit in die mikrogolfoond of oor ’n bak warm water.

9 Haal die tertjies uit die ysbakke en rang-skik dit op ’n bord.

10 Giet die gesmelte sjokolade oor die tertjies en smeer dit egalig oor. VARIASIE Pleks van klein moddertertjies kan jy een groot moddertert in ’n ronde tertbak bak. Voer die bak eers met foelie uit. WENK Kies ysbakke met vormpies vir koekies wat ekstra deftig lyk.

KOMBUIS-KAPERJOLLE

versier

KOEKVERSIERING

Wat is nou lekkerder as om saam-saam ’n koek te versier? Koop sommer ’n sponskoek by die supermark, pak verskillende soorte versiersel in bakkies uit en laat die jongspan die koek na hartelus opdollie.

Maak koekieverf

Meng 1 eiergeel met ¼ t water en baie voedselkleursel. Gebruik dit om pas gebakte koekies te verf en plaas dit terug in die oond tot die eiergeel solied is.

Maak eetbare klei

Meng 500 g grondboonbotter, 6 e heuning en soveel laevet-melkpoeier as wat nodig is om die tekstuur van deeg of klei te gee. Voeg ’n bietjie kakao by as jy wil. Nou kan jou kind lekker klei speel daarmee, dit mooi vorm, met ander lekkernye versier, en opeet!

Kry hier nog heerlike aktiwiteite wat die jongspan sal besig hou, vermaak en belangrike vaardighede sal ontwikkel:

Nog resepte wat kinders maklik kan maak:

Laat waai in die kombuis

Bak en brou

Ander aktiwiteite:

Hou die kinders besig!

10 speletjies wat slim maak

Werk vir ’n beter wêreld

Maak dit self

Doedoe Poppie

Maklike kunsprojekte

Maak ’n trein uit ’n skoenboks

Maak 'n bliktelefoon