Snye en steke is genoeg om enige ouer die skrik op die lyf te jaag, maar hoe weet jy wanneer dit 'n ligte skrapie is en wanneer jou kind mediese aandag benodig. Ons kenner, David Stanton van Netcare 911 se afdeling vir noodsorg, gee raad.

Steke  is nodig as:

  • As jy die wit vet onder die vel kan sien.
  • Die kante van die wond oopgaap.

Doen intussen dit:

  • Intussen is dit belangrik om druk op die wond te hou om bloeding te keer terwyl jy op pad is hospitaal toe. “Iets soos ’n handdoek is ideaal,” sê David.
  • Hy raai mense af om pynstillers of enige medikasie toe te dien terwyl jy op pad is hospitaal toe. “Die pasiënt gaan moontlik ’n operasie en narkose nodig hê, waarvoor sy maag leeg moet wees.

Hou dié nuttige noodnommers byderhand:

  • Landwye gifinligtingsentrum: 0861- 555-777
  • Netcare 911 se noodlyn: 082-911
  • Staatsambulanse: 10177
  • ER24 se noodlyn: 084-124