Met ál minder inkopiedae oor voor Kersfees het Huisgenoot die heel beste gids van sakpas Kersgeskenke vir ons kleingoed saamgestel. Dit waarborg ’n gevoel van feestelikheid en sal jou die koelste ouer maak.

Karakters van die Frozen- en Minion-rolprente is vanjaar steeds uiters gewild, asook Lego-blokkies en opvoedkundige speelgoed.

Maar die ou gewildes, soos teddiebere, is ook wenners.

Hier volg ’n klompie keuses vir Kersgeskenke – almal onder R150 – waarop selfs Kersvader trots sal wees.

Opvoedkundige speelgoed

Legkaarte is goeie vermaak terwyl dit jou kinders vaardighede met probleemoplossing help ontwikkel. Hierdie 100-stuk-Afrika-legkaart kos slegs R50 en vertoon die Groot Vyf en hul vriende. (Verkrygbaar by Toys R Us-winkels.)

Kry dit hier

Zippi Motion Sand voel soos regte sand, maar as dit saamgepers word, kan dit op enige manier gevorm en gemodelleer word.

Hierdie agtermekaar uitvindsel sal jou kleingoed ure lank besig hou om denkbeeldige ontwerpe te skep! (Kleinhandelprys R99,00)

Kry dit hier

Vir meisies EN seuns

’n Fluweelagtige slaaptydspeelding vir Kersfees is nooit te versmaai nie! Kies tussen ’n aap, olifant, kameelperd of leeu, of skep jou eie oerwoudversameling vir storietyd. (Kleinhandelprys R149,90 elk)

Kry dit hier

Die Ultra Bouncing Bubble-stel bevat ’n borrelstokkie, ’n unieke borrelvloeistof en ’n towerhandskoen waarmee jy borrels op jou hand kan bons voor hulle bars. Kinders kan selfs Guinness World Records se 195 bonse probeer klop! (Kleinhandelprys R59,90 by tevo.co.za.)

Kry dit hier

Vir die dogtertjies

Barbie is die universele gunsteling van klein dogtertjies. Nou sal die beroemdste pop ter wêreld jou kleintjie deur middel van hierdie oulike Princess Charm School-DVD al die vaardighede leer wat sy nodig het om ’n prinses in die werklike lewe te wees. Barbie sal jou leer om soos ’n prinses te dans, teepartytjies aan te bied en hoe ’n regte, egte prinses haar gedra. (Kleinhandelprys R59,90 by Toys R Us-winkels.)

Kry dit hier

Alle klein dogtertjies hou van optof; gee vir joune haar eie skoonheid-speelstel present! Dit bestaan uit ’n spieëltafel met ’n spieël, ’n haardroër, lipstiffie, naellak, juweliersware en haretoebehore sodat ma en dogter hulle nou saam kan mooimaak. (Kleinhandelprys R125 by takealot.com.)

Kry dit hier

Hierdie stylvolle stel met ’n beursie en digitale armhorlosie van die alomgeliefde Hello Kitty is die volmaakte geskenk vir ’n jong modeslafie. (Kleinhandelprys R89 by spree.co.za.)

Kry dithier

Vir die seuntjies

Jou mannetjie gaan die koelste kêrel op die speelterrein wees met hierdie oulike renoster-kossakkie! Die duursame, praktiese geskenk wat met Rhino uit die gewilde Jungle Beats-reeks spog, is boonop meer as oulik! (Kleinhandelprys R69 by spree.co.za.)

Kry dit hier

Die Space Rail-albaster-tuimeltrein is die heel beste selfdoenspeelding vir jou ontluikende argitek of ingenieur. Met die koel stel kan hy sy eie albaster-tuimeltrein bou. Die speelding maak gebruik van gravitasie en wetenskap om die albaster deur ’n reeks kronkels, draaie en lusse te stuur – boeiend om te bou en dop te hou. (Kleinhandelprys R129 by takealot.com.)

Kry dit hier

Die oulike Minion-karaktertjies wat misdaad beveg, pryk op die superkoel beursie-en-armhorlosiestel – perfek vir superhelde-in-wording!

Kry dit hier