Kinders gaan deesdae deur ’n moeilike tyd. Die verwagtinge is hoog, daar word gewedywer vir plek in die beste hoërskool en universiteit, buitemuurse aktiwiteite het ’n aanvaarde deel van die skooldag geword en dit lyk nie meer of kinders tyd kry om net te speel en kind te wees nie.

Voeg daarby die impak van tegnologie en wat dit in die daaglikse lewe van selfs baie jong kinders beteken. Kinders word blootgestel aan advertensies op televisie en dit plaas enorme druk op hulle om die jongste modes, toestelle, ensovoorts te besit.

Anne Cawood is die skrywer van verskeie ouerskapsboeke en werk saam met die maatskappy Baby Sense.

1)    Probeer van die begin af te veel skoolaktiwiteite vermy. Party gr. 1-leerders beoefen elke middag van die week ’n buitemuurse aktiwiteit – en ook Saterdagoggende.

2)    Hulle het ook nie speelafsprake nodig as hulle nie buitemuurse aktiwiteite het nie.

3)    Hoewel akademiese prestasie belangrik is, moet jy versigtig wees dat daar nie te veel druk op jou kind geplaas word nie. En moet hulle nie met klasmaats vergelyk wat dalk meer bekwaam is nie.

4)    Maak seker jy het realistiese verwagtinge en ook dat dit ouderdomsgeskik is.

5)    Stel van die begin af grense; dit bied die veilige inperking wat elke kind benodig.

6)    Fokus jou aandag op jou kind. Maak seker hulle weet hul gevoelens word bevestig. Ontleed hul gedrag. Party kinders praat nie maklik openhartig nie. Kyk na hul lyftaal en ook na enige gedragsveranderinge. Dit beteken nie jy moet jou kind “versmoor” met alewige kommer nie; wees net bewus en stel belang. Vermy te veel direkte vrae. Dit veroorsaak net angstigheid. Werk eerder daaraan om indirekte vrae te vra: “Dit lyk of jy ’n moeilike dag gehad het” is makliker om op te antwoord as “Hoekom is jy vandag so stil?”

7)    ’n Mate hiervan is natuurlik vermybaar – maar wees bewus daarvan sodat jy maniere kan vind om dit te hanteer.

8)    Maak ’n reël in jou gesin dat negatiewe gevoelens heeltemal aanvaarbaar is, maar ’n geskree, vloek of geweld beslis nie.

9)    Beperk hul tyd voor skerms. Gesinne het tyd saam nodig sonder enige afleidings – om net kalm en stil te wees om te kommunikeer en ’n band te vorm.

10)  Maak seker jy maak tyd vir pret en ontspanning. Die vermoë om te lag, fisieke aktiwiteite as gesin saam te geniet, tye te deel waar herinneringe gemaak word en gesinslede dit net kan geniet om saam te wees – dis alles maniere om stres te verlig.

As jy enigsins bekommerd is oor jou kind of tiener se stresvlakke, veranderende gedrag of emosionele onttrekking, moenie huiwer om by ’n professionele mens vir raad aan te klop nie.

As ouers moet ons enorme uitdagings trotseer. Ons het ook hulp nodig met talle probleme en stressors. Ouerskap is 24/7 ’n verantwoordelikheid. Kinders daag nie hier op met ’n handleiding oor hoe om hulle te hanteer nie; daarom moet ons nie huiwer om te vra vir hulp as ons sukkel nie.

Anne Cawood is die outeur van 'n reeks ouerskapboeke (Children need Boundaries, Toddlers need Boundaries, Teenagers need Boundaries, Children need Grandparents en Adjusting the Boundaries) en 'n Baby Sense-kenner. Vir nog ouerskapwenke, besoek www.babysense.com.