1. Hulle word langer Weens die gebrek aan swaartekrag word ruimtevaarders sowat 3 persent langer in die ses maande op die Internasionale Ruimtestasie (IRS). Dit is omdat die ruggraat kan uitsit. Ná ’n paar maande terug op Aarde “krimp” hulle na hul normale lengte.

I think I found the perfect spot for a #selfie. #spacewalk

A photo posted by Tim Peake (@astro_timpeake) on

2. Spiersmelting

Selfs al is jy nie ’n liggaamsbouer nie, gebruik jy gedurig jou spiere, al is dit net om swaartekrag te bestry. Maar in ’n wentelbaan het die mens nie meer spiere nodig om hulle te ondersteun nie – en die liggaam begin vinnig aanpas en raak van onnodige weefsel ontslae. Dit kan atrofie van die spiere veroorsaak, wat beteken dit kwyn weg en raak swakker. 3. Verlaagde beendigtheid Spiere is nie die enigste ding wat in die ruimte begin verdwyn nie. As ruimtevaarders nie genoeg oefening kry nie, begin hul beendigtheid afneem. Om dié rede is daar ’n klein gimnasium op die IRS met twee trapmeule, twee staanfietse en ’n spesiale weerstandmasjien vir “gewigoptel”, aangesien los gewigte nutteloos is sonder swaartekrag.

My first T2 treadmill session on Station.

A photo posted by Chris Hadfield (@colchrishadfield) on

4. Bo pofferig

Ná ’n paar weke in ’n wentelbaan begin die vloeistof in ’n ruimtevaarder se liggaam weens die gebrek aan swaartekrag anders versprei. Die gevolg is ’n vreemd pofferige kop. “Sonder swaartekrag beweeg liggaamsvloeistowwe na jou kop,” het die ruimtevaarder Marsha Ivins aan Wired gesê. “Dis ’n wonderlike gesigsontrimpeling.”

Lees ook: Bel ons binnekort vir ET? Stephen Hawking meen beslis so 5. Onder maer Om dieselfde rede sal ruimtevaarders besonder dun bene kry – wat seker snaaks lyk aan van die fris mans wat vir dié uitmergelende werk gekies word. “Op die Aarde beweeg bloed na ons bene,” verduidelik Nasa, die Amerikaanse Ruimteagentskap, op hul webtuiste. “Die hart moet ekstra hard werk om die bloed oral in die liggaam te laat beweeg. In die ruimte, sonder die trekkrag van swaartekrag, beweeg die bloed na die bolyf en kop.”

6. Slapelose nagte (en dae)

Danksy kosmiese strale – hoë-energie-partikels wat deur die sonnestelsel straal – kry ruimtevaarders nie veel slaap in hul eerste weke daar bo nie. Baie het al gemeld hulle sien “vuurwerke” of “strepe” wat hulle snags wakker hou. Hulle moet ook natuurlik met gereelder sonopkomste rekening hou – elke 90 minute om presies te wees. Maar hulle hou hul horlosie op Gekoördineere Universele Tyd (GUT – sowat 2 uur agter ons) en werk van negeuur soggens tot vyfuur smiddae, net soos op die Aarde.

Boonop is dit nie juis gerieflik om in die ruimte te slaap nie. Die ruimtevaarders aan boord van die IRS moet hulle saans in ’n slaapsak toebind sodat hulle nie wegdryf nie. Soms rol hul kop vorentoe en sweef hul arms bo hul kop. “Dis soos kampeer. Die sak het armgate, dus steek jy jou arms deur, en steek jou hande uit om die sak toe te rits,” vertel Marsha. “Jy maak die Velcro-bande om jou vas om jou te laat voel jy is toegemaak. Dan bind jy jou kop aan die kussing vas – ’n blok spons – met nog ’n Velcro-band, om jou nek te laat ontspan. As jy nie jou hande by die sak indruk nie, sweef hulle voor jou uit. Soms word jy soggens wakker en sien ’n arm voor jou gesig sweef en dink: ‘Sjoe! Wat is dit?’ Tot jy besef dis joune.”

7. Immuunstelsel onder druk

Volgens ’n ondersoek in 2014 verswak ruimtevaarders se immuunstelsel baie in die ruimte. “Goed soos bestraling, mikrobes, stres, mikrogravitasie, veranderde slaapsiklusse en afsondering kan alles ’n uitwerking op bemanningslede se immuunstelsel hê,” het Brian Crucian, kenner van biologiese ondersoeke en immunologie van Nasa, in ’n verklaring gesê. “Langer ruimtesendings in die diep ruimte kan vir verkennende ruimtevaarders ’n risiko inhou vir infeksie, hipersensitiwiteit of outo-immuunprobleme.” Lees ook: Dié foto van Suid-Afrika vanuit die ruimte sal jou asem wegslaan Interessant genoeg is ook bevind hulle is meer geneig om latente virusse soos waterpokkies op te doen wat ná ’n ruk in ’n wentelbaan kan “herontwaak”.

Having a little fun after conducting a leak check on our Sokol launch and entry suits.

A photo posted by Kjell Lindgren (@astro_kjell) on

8. Sintuiglik maak dinge nie sin nie Sonder swaartekrag se afwaartse trekkrag kan ruimtevaarders ook ’n toe neus kry. “Dis dieselfde as om ’n verkoue of allergieë te hê,” het die ruimtevaarder en geneeskundige Scott Parazynski aan Scientific American gesê. “ ’n Verstopte neus belemmer beslis jou reuksin en gevolglik jou smaaksin.” Marsha stem saam. “Tussen die gebrek aan swaartekrag en die verskuiwende vloeistowwe kan goed in die ruimte anders smaak. Ek het heerlike sjokolade met my saamgeneem en dit het soos was gesmaak. Dit was baie teleurstellend. Maar jy gaan nie ruimte toe vir die gourmet-etery nie.”

Thanks Soyuz 46S crew for the fresh fruit…nothing quite like a juicy apple! #fruit #apple #orange #space @iss

A photo posted by Tim Peake (@astro_timpeake) on

9. Ongekoördineer

Dit kan net so moeilik wees om weer by die lewe op die Aarde aan te pas. Party ruimtevaarders vertel hulle laat val goed wanneer hulle dit naby wil laat sweef – en natuurlik vergeet swaartekrag sal dit laat grond toe val. Maar hul gebrek aan koördinasie terug op die Aarde is nie net sielkundig nie. “Ek het nooit siek geraak toe ek ruimte toe is nie, maar ek het nooit lekker gevoel wanneer ek huis toe kom nie,” erken Marsha. “Wanneer jy terugkom, voel jou binne-oor – wat jou op die Aarde gebalanseerd hou en eintlik vir die duur van jou reis afgeskakel was – ’n bietjie swaartekrag en dit word ongelooflik sensitief. Jou balans is uit en jy moet van voor af in ’n swaartekragveld leer beweeg.”

Psst...so gepraat van die ruimte

Het jy al jou kaartjies bespreek vir Gateway to Space: Die uitstalling? Gaan loer hier vir ’n agter-die-skerms-kykie en bespreek vandag nog jou kaarjie by Computicket.

GTS colour on black HG

Ander stories op Huisgenoot.com:

Baba sterf raaiselagtig op vlug na Hongkong

Wonderbaba van Alberton sterf: ‘God het gekom om haar huis toe te vat,’ sê gebroke pa

Die soektog na Madeleine McCann: hoop vlam opnuut op

Oscar Pistorius se wolhaarhondjie: Vertroetel hom wanneer tronkdeur toeklap, vra kenner

Kyk hoe blom die liefde tussen dié beminde Afrikaanse sangerpaartjie

Kyk: Sue Duminy rits die wêreld vol en deel pragfoto’s van haar reise