Elke baba ontwikkel teen sy eie pas en dié mylpyle gebeur nie noodwendig op ’n vasgestelde tyd nie. Hier is min of meer ’n idee van wanneer jy kan begin uitkyk na wat.

Geboorte tot ses weke

Dis die tyd wanneer die baba nog baie geheg is aan die ma. Hy raak stadig maar seker bewus van sy omgewing en die meeste van sy aksies is refleksbewegings. Maar daar is een groot ontwikkeling wat soos ’n beloning is vir elke ma teen die einde van die ses weke: Jou baba se eerste glimlag. Ander mylpale is:

  • Herken swart-en-wit vorms en onderskei tussen donker en lig
  • Herken jou stem
  • Lig kortliks sy kop op
  • Rukkerige handbewegings
  • Reageer op sekere geluide

Twee tot vier maande

In dié tydperk begin jou baba meer bewus raak van die wêreld om hom. Hy begin dalk begin sy oë op skrefies trek vir helder ligte en die glimlag raak groter soos hy gesigte begin herken. Ander mylpale sluit in:

  • Hou self sy kop regop
  • Lag
  • Maak spoegborrels
  • Speel met sy hande en probeer goed wat sy aandag trek optel of aanraak.
  • Party babas kan al omrol
  • Sal op jou skoot bons as jy hom regop hou

Vier tot sewe maande

Dit is wanneer jou baba op jou sal begin reageer

  • Babataal
  • Hou eie bottel vas
  • Tel speelgoed op
  • Rol om
  • Party babas begin kruip op die ouderdom.

Sewe tot nege maande

  • Jou baba word ’n klein mensie. Kyk uit na:
  • Kruip
  • Hy behoort nou op sy eie te kan regop sit
  • Gryp na en tel klein voorwerpe op
  • Drink uit ’n koppie
  • Sê lettergrepe (nie woorde nie) en praat baie babataal.

Nege tot 12 maande

  • Jou baba sal hom teen goed begin optrek en probeer staan.
  • Party kinders gee hul eerste treë teen eenjarige ouderdom.
  • Hy kan nou klein voorwerpe soos vingerkos optel (deur sy fyn motoriese vaardighede te gebruik).
  • Jou baba sal begin huil as jy iets van hom wegneem of ‘nee’ sê vir goed.

Een jaar tot 18 maande

  • Sê sy eerste woorde
  • Klim op en af by trappe
  • Skop ’n bal
  • Hardloop en klouter
  • Volg tweestap-instruksies, soos ‘tel op jou bottel en bring dit hier’.
  • Ken vorms en kleure
  • Hou kryt vas
  • Hy sal nou begin om homself te probeer aantrek.

18 maande tot twee jaar

  • Leer nou hoe om potjie te gebruik
  • Praat in frases en sinne

Bronne: Dalena Theron, The New Baby & Childcare Handbook deur Marina Petropulos; www.babycenter.com.