sonbed
As jou tieners dink sonbeddens is onskuldig en sal geen skade aanrig nie, moet jy hulle dié grafiese foto van ’n sonbedslaaf wys. Die 27-jarige meisie het as tiener vyf sessies per week ondergaan en het nou velkanker. Sy wil mense bewus maak van die gevare.
'Velkanker is die eerste keer op 21 by my gediagnoseer.'

“Ek het die meeste van die sonbaaiery op hoërskool gedoen,” skryf Tawny Willoughby van die Amerikaanse deelstaat Alabama.

snipping

“Ek het nooit op dieselfde dag op die sonbed en in die son gelê nie. Ek het nooit twee keer per dag op die sonbed gelê nie. Velkanker is die eerste keer op 21 by my gediagnoseer.

“Nou, op 27, het ek al vyf keer basale-selkarsinoom en skubselkarsinoom een keer (behalwe aan my gesig) gehad.

“Jy kry net een vel en moet mooi daarna kyk. Leer uit ander se foute. Moenie toelaat dat sonbrand verhoed dat jy jou kinders sien grootword nie,” skryf dié ma van een.

Bronne: Facebook, Twitter.