Jy is ’n onderwyser en een van jou leerders ontwrig al weer die klas.

Wel, as jy by die Robert W. Coleman-skool in Baltimore, Amerika, gewerk het, sou jy hulle met meditasietyd “gestraf” het.

Of, meer spesifiek, na die “Mindful Moment Room” gestuur het.

Die “helderkleurige oase van kalmte wat heel anders as die gewone bedompige, vensterlose detensiesaal lyk”, lewer glo goeie resultate.

Dié vertrek, wat met pers vensters en helder ligte versier is, is ontwerp om ’n kalmerende uitwerkings op kinders te hê en hulle ’n veilige ruimte te bied om asemhalingstegnieke en meditasie te beoefen.

Die selfondersoekende strategie is in 2015 in werking gestel en het goeie resultate vir die laerskool gelewer – hulle het sedertdien nog nie ’n enkele leerder geskors nie, luidens Upworthy.

Die nieregeringsorganisasie Holistic Life Foundation met hul baanbrekersbenadering bygestaan.

“Dis wonderlik,” sê Kirk Philips, die koördineerder van Holistic Me by die skool.

“’n Mens sou nie dink klein kinders sou in stilte mediteer nie. En hulle doen dit,” het hy aan Upworthy. gesê.

“Dit was pragtig; ons het almal geglimlag terwyl ons hulle dopgehou het.”

Die organisasie – en ander soos hulle, byvoorbeeld die Mindfulness in Schools Project en Mindful Schools – stel oral in Amerika soortgelyke programme in werking, berig Metro.

Bronne: Upworthy.com, Holistic Life Foundation, BoredPanda.com, Metro.co.uk, Facebook