Die Sacred Heart College in Johannesburg is meer as 100 jaar gelede gestig en is in 1979, lank voor die res van Suid-Afrika, oopgestel aan kinders van alle rasse. Maar vandag is hulle meer as ’n skool wat die verskeidenheid van Suid-Afrika weerspieël; hulle glo ook in ’n opvoeding met ’n waardegrondslag wat kinders lewer wat krities kan dink en sukses in ’n veranderende wêreld behaal. Hierdie soort doelgerigte leerfilosofie vereis ’n vernuwende en vindingryke benadering en dis hierdie benadering wat gelei het tot ‘n sterk belegging in tegnologie by die skool. “Toe ons die mag van die toestel insien, het ons geweet dit gaan in die toekoms ’n rol in opvoeding speel, veral in ’n skool wat ’n groot belangstelling in 21ste-eeuse opvoeding het,” sê Colin Northmore, hoof van die Sacred Heart College.

“Die gebruik van die iPad as ’n hulpmiddel sal die kinders in staat stel om ’n onsekere toekoms tegemoet te gaan.” - Flick Hardman, hoërskoolonderwyser aan die Sacred Heart College

Vandag het elke onderwyser en leerder aan die skool toegang tot ’n iPad. Die verandering in die skool het nie net ’n verskil in hul sukses gemaak nie, maar ook in elke leerder en onderwyser se lewe wat die kans kry om die iPads te gebruik.

Die skool kan nou in die individuele behoeftes van elke leerder voorsien: dié wat die vermoë het om vinniger te werk en ook dié wat stadiger is, kan nou teen ’n pas vorder wat optimale leer moontlik maak.

Dit het die hindernisse tot akademiese prestasie verwyder en ’n meer betrokke en dinamiese leeromgewing geskep. Deur hul eie ervarings op iPads te skep, het leerders nou meer beheer oor hul leerervaring en fokus hulle meer op die eindproduk.

“Die iPad was eintlik ’n keerpunt. Jy kan baie vinnig snap dat die eintlik die spel ingrypend verander,” sê Colin.

[post-slider]

So gebruik hulle dit

Die leerders aan Sacred Heart gebruik iPads die hele dag lank om toegang te kry tot vakmateriaal, aantekeninge te maak, projekte te skep en aanlyn te soek na bykomende inligting oor die onderwerp waaroor hulle leer. Die onderwysers het ook kreatiewe maniere bedink om die iPads deel van hul onderrig te maak sodat lesse prettig, interessant en propvol aktiwiteite kan wees. Laerskool: Hier is twee apps besonder nuttig: die My Story-app en die Essential Skeleton.  Die My Story-app kombineer taal en visuele leer om woordeskat en taalvaardigheid te bou deur leerders in staat te stel om hul vaardighede op ’n boeiende manier te demonstreer, en dit leer hulle sosiale vaardighede deur spanwerk en aanbiedings. Die Essential Skeleton is ’n 3D mediese app wat leerders oor die anatomie leer en virtuele ontdekking laat ervaar. Hulle kan die aspekte kies waarop hulle uitgedaag wil word en teen hul eie spoed vorder. Dit beteken hulle het pret en leer – sonder dat hulle  eens besef hulle durf ’n moeilike konsep aan.

“Leerders van voorskool tot laerskool en hoërskool het nou toegang tot mobiele iPad labs

Junior hoërskool (gr. 7 – 9): Hier stel die app ZA Books en die beweeglikheid van iPads

elke gr. 7-leerder in staat om al hul handboeke op een toestel te hê. Dit gee hulle dadelik toegang om in die klas aantekeninge te maak en ná skool met onderwysers en ander leerders oor hul huiswerkaktiwiteite te gesels. Leerders skep Keynote-voorleggings om in die klas te deel en gebruik die ingeboude kamera om die nodige foto’s vir projekte te neem. Of hulle nou oor letterkunde koppe bymekaarsit of ’n wetenskapseksperiment terugspeel, die leerervaring strek nou tot ver buite die tradisionele klaskamermure.

Nog vindingryke gebruike 

Die algehele sukses van die iPad-projek aan die Sacred Heart College is danksy die veelsydigheid van die toestel. Buiten die integrasie van iPads in die klaskamer van voorskool af tot op hoërskool, word die iPads ook op die volgende maniere ingespan:

-    Die Emmaius-sentrum maak voorsiening vir leerders met spesiale behoeftes aan die Sacred Heart College. Hier stel die iPad die skool in staat om in die behoeftes te voorsien van leerders wat dalk moeiliker leer weens spesifieke struikelblokke, en die iPad word as ’n remediërende en versterkende hulpmiddel gebruik.

-    Die Knowledge Cafe is ’n sessie wat een keer per week gehou word en onderwysers in staat stel om hul idees, suksesse en ervarings met die gebruik van die iPad in hul lesse uit te ruil. Dit maak dit moontlik om kennis te deel oor alle gebiede van leer en bewerkstellig samewerking tussen onderwysers.

-    Die 3 to 6 Project is ’n naskoolse projek vir minderbevoorregte vlugtelingkinders wat nie skoolgaan nie. Die iPads word in hierdie tyd gereeld gebruik om met diepliggende leer en begrip van basiese syfer- en geletterdheidskonsepte te help.

-    Sommige leerders aan die Sacred Heart College het spesiale vereistes wat eksamen skryf betref. Die iPad word gereeld as ’n oudiovisuele hulpmiddel gebruik sodat leerders na hul eksamens kan luister. Dit is nie meer nodig om spesiale lokale vir die leerders te reël nie.

-    Die registrasie van alle buitemuurse aktiwiteite op laerskool word op die iPads gedoen en die onderwysers bestuur bywoning met ’n app.

Die Sacred Heart College is die eerste skool in Suid-Afrika wat ’n kursus op iTunesU geskep het na aanleiding van ’n suksesvolle projek met hul gr. 7’s. Die kursus stel leerders in staat om hul eie interaktiewe boeke met die app Composer te skep en leer hulle inhoud skep; nie net gebruik nie. Dit help hulle belangrike vaardighede ontwikkel soos tydbestuur, spanwerk, kreatiwiteit, komponering, bemarking, probleemoplossing en die ontwikkeling van tegniese apps.

Kyk die Sacred Heart video hier: