’n Ma van Argentinië is in die sop nadat sy foto’s op Facebook gedeel het waarin dit lyk asof sy drank in haar kleuter se keel afgooi en hy ’n gerolde sigaret vashou terwyl iemand dit aansteek.

Die ma en haar kleuter se name is nie bekend nie en sy het intussen die foto’s verwyder nadat dit skerp kritiek ontlok het.

Die onderskrif by die foto’s waarin die jong kind die sigaret vashou lees na bewering “my oulike baba, jy is hoog. Van jou ma”.

Die ma is aanlyn met haatboodskappe oorweldig en besorgde Facebook-gebruikers het owerhede van die foto’s ingelig.

Daar word berig dat die foto’s aan die polisie oorhandig is en dat regstappe teen die ma spoedig gaan volg.

Bronne: Twitter, Daily Mail, Facebook