Instruksies

KLIK HIER om die turbine-vorms af te laai.

Die toring

  1. Plak die vorm op ’n karton en knip dit uit langs die soliede swart lyne.
  2. Vou dit op die stippellyne. Vou A na binne toe en B na buite toe.
  3. Smeer gom aan A en plak dit aan die teenoorstaande kant vas om ’n driehoektoring te vorm.

Die lemme (gemerk as “wings”)

  1. Plak die vorms op ’n karton en knip dit uit langs die soliede swart lyne.
  2. Vou dit op die stippellyne na binne toe.
  3. Smeer gom aan A en plak dit aan die teenoorstaande kant vas om ’n piramide te vorm.
  4. Herhaal totdat jy drie lemme (of “vlerke”) het.

Die turbine

  1. Plak die vorm op ’n karton en knip dit uit langs die soliede swart lyne.
  2. Vou op die stippellyn na binne toe.
  3. Smeer gom aan A en plak dit aan die teenoorstaande kant om ’n lang driehoek te vorm.
  4. Smeer gom aan B en plak C bo vas. Albei kante sal dan toe wees.

Bou jou windmeultjie

  1. Plak die platform op karton en knip dit uit op die soliede swart lyn.
  2. Smeer gom aan B van die toring, en plaas die toring op die grys driehoek op die platform.
  3. Op die lemme, smeer gom op B en plak die lemme op die grys driehoeke op die turbine.
  4. Op die turbine, plak gom aan die groen area en heg dit aan die toring vas.

Bron: Departement van Energie van Suid-Afrika en die Deense ambassade