Praatjies oor sukses sluit dikwels die punt in dat jy die regte houding moet hê. Maar wat beteken dit in die praktyk? Izelle Venter, die hoofredakteur van Huisgenoot, YOU en Drum, het ’n paar praktiese wenke met die My School Dream School SA-leerders gedeel.

Tien beginsels vir sukses 

  1. Kry jou “iets”. Jy moet iets kry waarmee jy baie goed is om ’n sukses van jou lewe te maak. Dit is harde werk – jy moet lees en bereid wees om verskillende goed op die proef te stel om uit te pluis wat dit is. Daar is ook dikwels ’n verskil tussen dit waarmee jy regtig goed is en dit waarmee jy dink jy goed is. Moenie ’n stokperdjie met jou toekoms verwar nie; soms is dit net ’n stokperdjie. Net as jy ’n manier kan kry om daaruit geld te maak, kan dit ook ’n loopbaan word.
  2. Goeie maniere bring jou ver. Goeie maniere sal altyd in jou guns tel, want mense sien dit raak. Goeie maniere sal vir jou deure oopmaak wat die beste opvoeding nie kan nie.
  3. Toon gewilligheid. Selfs al moet jy sonder betaling werk, wys vir mense jy is bereid om hard te werk. As jy wys jy wil regtig iets doen, is dit die soort waarde wat werknemers wil sien.
  4. Vra hulp. Jy kan op enige gebied van jou lewe hulp vra. Daar is ’n oplossing vir amper elke soort probleem.
  5. Moet nooit iemand minag nie. Die lewe het ’n manier om die mense om jou regdeur jou lewe te gebruik. Die verbintenisse wat jy van jongs af maak, sal steeds ’n rol in jou lewe speel.
  6. Kies jou gevegte. Nie alles is die tyd en moeite werd wat dit verg om te “wen” nie. Jy hoef nie altyd reg te wees nie; kies waar jy jou energie en talent wil belê.
  7. Voorbereiding is ’n moet. Jy moet altyd voorbereid wees, nie net wat huiswerk betref nie. Sorg dat jy weet waarvoor jy jou inlaat en beïndruk voornemende werkgewers deur goeie navorsing te doen nog voor jy vir ’n werkonderhoud opdaag.
  8. Keer iets slegs om. Wanneer jy iets slegs oorkom, bied dit jou eintlik ’n reuse geleentheid. Dink aan maniere om iets slegs in ’n geleentheid vir jouself te omskep.
  9. Dink oor die feite en vorm dan ’n mening. Mense wat goed weet, is sexy. Dalk kan een van die feite wat jy by die skool hoor, jou lewe verander. Luister na die feite en dink oor hulle; jy mag ’n mening hê.
  10. Kry ’n idee. As jy voor ’n moeilike situasie te staan kom, dink aan ’n manier om te kry wat jy daaruit wil hê. Jy moet met ’n alternatiewe idee vorendag kom om probleme op te los en ’n sukses van jou lewe te maak.

Shané Barnard