1. Kry motivering. Iets moet jou aan die gang kry. Party mense hou van lysies maak en dit afmerk sodra dit gedoen is. Of dalk moet jy jou beloon met ’n lekker TV-program sodra jou kamer netjies is. Ander mense het net lekker musiek nodig om hulle in ’n skoonmaak-bui te kry. Vind uit wat vir jou werk.
  2. Alles op sy plek. Elke item in jou kamer behoort ’n plek te hê, byvoorbeeld ’n spesifieke laai vir jou onderklere of ’n rak vir jou skoolboeke. So hoef niks rond te lê nie.
  3. Gooi uit! As jy te veel klere in jou kas het of te veel halfleë botteltjies spuitgoed, sal dit beslis jou kamer deurmekaar laat lyk. Gaan minstens elke ses maande deur jou klerekas, skoonheidsprodukte en speelgoed. As jy iets meer as ’n jaar laas gebruik het, gooi dit weg of skenk dit aan liefdadigheid.
  4. Roetine, roetine, roetine. Jou kamer sal net netjies bly as jy dit gereeld opruim. Die maklikste is, maar dit deel van jou daaglikse roetine. Maak byvoorbeeld jou bed soggens op voor jy skool toe gaan en gooi dadelik jou vuil klere in die wasgoedmandjie. Selfs al is dit net ’n kwartier per dag, kry dit agter die rug. Dan hoef jy nie ’n hele Saterdagmiddag op te offer sodat jy weer jou kamervloer kan raaksien nie.
  5. Kry ’n wasgoedmandjie. Niks lyk onnetter as vuil klere op jou kamervloer nie. Vra jou ouers vir ’n wasgoedmandjie wat sommer in jou kamer kan staan. Dan kan jy dit een keer per week by jou gesinslede se wasgoed gaan gooi.

-         Shané Barnard

BRONNE: BEAUTIFULLYORGANISED.COM, PARENTINGPINK.COM, WIKIHOW.COM