Ons het bekendes van alle soorte skandale en rampe sien terugbons – en nou kan jy ook! Die sielkundige Meredith Fuller vertel ons hoe.

Hoe om terug te bons . . . van verleentheid

As jy so pas voor almal van jou fiets afgeval het, of voor ? vuurwarm ou so hard geskaterlag het dat jy ? windjie gelos het, voel jy dalk jy kan nooit weer jou gesig in die openbaar wys nie. Maar die grootste fout wat jy in ? embarasserende oomblik kan maak, is om weg te hardloop, kwaad te word of te huil. “As jy ? groot drama daarvan maak, neem dit langer om weg te gaan,” sê Meredith. Wat doen jy dan? “Haal diep asem en kalmeer, glimlag dan en probeer die snaakse kant daarvan sien. As jy lag sal dit die spanning verlig en mense sal gou daaroor kom.” Jy voel dalk soos ? swaap, maar om te lag is ? miljoen keer beter as om in trane uit te bars en in die badkamer weg te kruip.

Wat om te sê:

  • “Jy het na die Amanda-vertoning gekyk; ek sal die hele week hier wees, ouens.”
  • “Sjoe, praat van ? mislukte lewe! Dis net nie my dag nie.”

Hoe om terug te bons . . . as jy ? vak op skool druip

“Wiskunde gedruip. Voel siek. Moet rapport wegsteek.” Jy dink dit dalk wanneer jy ? groot, vet F op skool gekry het. Maar om dit vir jou ouers weg te steek is die slegste wat jy kan doen. “Stap in en sê jy wil daaroor gesels,” is Meredith se raad. As jy regtig bekommerd is oor hul reaksie, maak só: “Sê, met ? ernstige uitdrukking op jou gesig, jy het slegte nuus.” Hulle sal die ergste verwag (jy is geskors of swanger), en as jy hulle vertel jy het wiskunde gedruip, sal hulle verlig wees. “Dis astrant, maar dit werk.”

Wat om te sê:

  • “My slegte uitslag het my die motivering gegee om hard te werk.”
  • “Ek wil beter vaar, maar is nie seker hoe nie. Kan julle my help?”

Hoe om terug te bons . . . wanneer iemand met jou uitmaak

Al wat erger is as om uitgelos te word, is om te weet almal weet daarvan en te wonder of hulle daaroor praat. Hoe laat jy almal aanbeweeg sodat jy dit ook kan doen? “Jy wil natuurlik nie hê mense moet daaroor tob nie, maar moenie voorgee jy is piekfyn nie – mense sal dan weet jy is vals,” sê Meredith. Jou strategie om nuuskierige klasmaats te hanteer moet drievoudig wees: erken die verbreking van die verhouding, gee hulle ? (vae) rede en verander die onderwerp.

Wat om te sê:

  • “Ja, dis regtig hartseer, maar ons het besluit om uitmekaar te gaan.”
  • “Dit was moeilik, maar ek het dansklasse bespreek en is vreeslik opgwonde daaroor!”

Hoe om terug te bons . . . wanneer almal oor jou praat

Laat ons nie doekies omdraai nie: wanneer jy betrokke is by ? skandaal, soos as jy uitgevang is waar jy jou vriendin se kêrel soen, sal almal daaroor praat. Jy kan dit nie verander nie, maar jy kan bepaal hoe jy daarop reageer en hoe vinnig dit oorwaai. “Wat gebeur het, is gedane sake,” sê Meredith.  “Maar as jy dit afspeel, sal ? nuwe skandaal joune gou verdwerg en hulle sal oor iemand anders praat.”

Wat om te sê:

  • As jy hoor iemand praat oor jou: “Is daar iets wat jy vir my wil sê?”
  • As iemand jou daaroor konfronteer: “Ek kan aanvaar waarom jy dit so sien, maar jy ken nie die volle verhaal nie.”

Hoe om terug te bons . . . wanneer jy in die sop by jou ouers is

Om jou te hok en jou sakgeld weg te neem is net ? paar dinge wat jou ouers kan doen om jou lewe te versuur as hulle briesend is vir jou. Hoe kry jy hulle sover om jou so gou moontlik te vergewe (en uit die huis te laat gaan)? Meredith sê die maklikste manier om vergewe te word is om hulle te wys jy verstaan waarom hulle kwaad is.  “Wys hulle hoe verpletter jy oor die situasie is. Dit sal hulle herinner hoe dit was om jonk te wees, sodat hulle begrip vir jou het.”

Wat om te sê:

  • “Wat ek gedoen het was regtig dom en ek voel so sleg daaroor.”
  • “Ek weet ek het jul vertroue verbreek en ek sal dit weer moet verdien.”

Meredith se wenke vir selfvertroue, sodat jy kan terugbons:

  • Loop met effens langer treë en glimlag, sodat jy vol selfvertroue lyk.
  • Reël om saam met ? maat by die skool aan te kom eerder as om alleen te gaan.
  • Haal diep asem – dit klink voor die hand liggend, maar sal jou laat kalmeer.
  • Onthou, mense hou van ander mense wat nie perfek is nie – dit laat jou meer toeganklik lyk.
  • Moet nooit weghardloop nie, want dis soveel moeiliker om terug te keer!”