Met 11 amptelike tale en baie ander Afrika-tale in Suid-Afrikaanse klaskamers het veeltaligheid ’n taamlike uitdaging vir onderwysers geword.

Deesdae is daar in baie skole tot soveel as ses tale en selfs meer kulture in een klaskamer. Hoe hanteer onderwysers dit terwyl hulle kinders probeer leer lees en skryf?

Die uitdaging van veeltaligheid in klaskamers is ’n onbeplande gevolg van ’n Suid-Afrika ná 1994. Met groot getalle Afrika-taalsprekende kinders wat nou skole bywoon wat eers net Afrikaans- en Engelssprekende kinders gehad het, is daar nie ’n duidelike antwoord op die vraag van hoe om leerdergeletterdheid te verbeter wanneer die leer- en onderrigtaal vreemd is vir hulle.

Gelukkig is daar groot belangstelling in hoë Suid-Afrikaanse kinders in multikulturele klaskamers leer lees. Oxford University Press Suidelike Afrika het onlangs ’n ontbyt-indaba gehou waar Janet Condy, ’n mededosent aan die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie, en Genevieve Koopman van die Wes-Kaapse onderwysdepartement hul insigte oor die onderwerp gedeel het.

“Onvermydelik is daar ’n situasie waar onderwysers en leerders verskillende tale praat,” het Janet die kern van die probleem verduidelik.

Daar is duidelike voordele vir leerders wat in hul moedertaal onderrig kan word, insluitend linguistiese, kognitiewe, akademiese en sielkundige voordele. Maar tot die probleem van ’n tekort aan onderwysers uit die weg geruim word, kan onderwysers in bestaande veeltalige klaskamers ’n getal strategieë inspan wat leerders gaan help leer lees en skryf.

Janet stel die volgende strategieë voor:

  • Probeer multikulturele leesmateriaal gebruik. Dit gaan nie net met begrip help nie, maar ook met empatie, respek en begrip vir ander kulture en tale.
  • Gebruik metafore, soos:

  1. Spieëls: Sien jy jouself in die storie>
  2. Vensters: Kan jy iets oor ander kulture uit die storie leer?
  3. Deure: Wat jy van ander kulture uit die storie leer? Hoe vergelyk dit met jou eie kultuur?

  • Gebruik outentieke tekste wat deur moedertaalsprekers geskryf of geverifieer is.
  • Vra leerders moet karakters se gevoelens identifiseer.
  • Vra leerders ná die storie vrae oor die teks of om ’n respons (op ’n spesifieke vraag) te skryf.

Genevieve het verduidelik die taal-in-onderwys-beleid, wat daarop mik om van vanjaar moedertaalonderrig in die grondslagfase in te bring, wil kyk na ’n paar van die struikelblokke geassosieer met die onderrig van lees en skryf in veeltalige klaskamers.

Sy glo die eerste prys vir leerders is dat die onderwyser in  hul moedertaal kan onderrig, maar erken daar is ’n tekort aan sowel onderwysers as hulpbronne in Xhosa en die ander inheemse Suid-Afrikaanse tale.

Genevieve het baie hanteringstrategieë gesien wat onderwysers in veeltalige klaskamers gebruik:

  • Baie onderwysers wissel tussen twee of drie tale om ingewikkelde konsepte oor te dra.
  • Party onderwysers vra leerders om vir hul maats te tolk.
  • Leerder-taalgroepe word aangemoedig.
  • Party onderwysers gebruik koorsang, sang, rympies en liedjies om verskillende tale te akkommodeer.
  • In die lig van ’n gebrek aan veeltalige leerstof, skep onderwysers hul eie en vertaal dit in Xhosa.

“Al is dit nie ideaal nie, demonstreer dit ’n hanteringstrategie,” het Genevieve gesê. “Baie onderwysers soek taalondersteuning en woon slypskole by om hulle met kurrikuluminhoud vertroud te maak. Daar is goeie vordering gemaak met die benadering tot geletterdheid onderrig, met ’n skuif weg van vaardighede in isolasie aanleer (klankleer, lees, skryf en kommunikasie) na ’n geïntegreerde ‘geheeltaal’-benadering,” het sy bygevoeg.

Die trapsgewyse bekendstelling van Afrika-tale in ons skole en opleidingsinstellings bly een van die vele uitdagings wat onderwysers, beleidmakers en uitgewers in die gesig staar. Hul toewyding tot die opspoor van oplossings vir die probleme met multikulturele, veeltalige onderrig in Suid-Afrika het ewe veel te doen met die spoke van die verlede en die blik op die toekoms.