’n Kleuter wat gesterf het nadat hy aan ’n druiwekorrel verstik het en ’n sewejarige wat nou in ’n koma is nadat sy aan haar skoolkos verstik het, het opslae in sosiale media gemaak.

Maar weet jy wat om te doen wanneer so iets gebeur? Hier is wenke wat dalk ’n baba of kleuter se lewe kan red.

Babas (onder een jaar)

Draai die baba met sy gesig na onder op jou voorarm. As jy dit nie kan regkry nie, kan jy die baba ook op jou skoot hou.

Hou die baba se kaak met jou een hand vas om sy kop te ondersteun. Belangrik: die kop moet laer as die bors wees.

Gee vyf vinnige houe tussen die skouerblaaie met die basis van jou hand.

Probeer borsdrukke as die baba steeds nie asemhaal nie.

Hou steeds die baba vas, maar nou met sy gesig na bo.

Plaas twee vingers in die middel van die baba se bors en gee vyf vinnige drukke.

Roteer tussen rughoue en borsdrukke tot die voorwerp wat die obstruksie veroorsaak, sigbaar is en jy dit kan verwyder.

Anders Wenngren (deur Gerald & Cullen Rapp)

Babas (bo een jaar)

Staan agter die kind met jou arms om sy middel. Maak ’n vuis met jou hand en plaas die duimkant teen sy maag, bo die naeltjie maar onder die ribbekas.

Hou jou vuis met jou ander hand vas en druk vinnig in- en opwaarts. Die Rooi Kruis beveel aan jy wissel maagdrukke en rughoue af om die voorwerp te probeer los kry.

As jou kind bewusteloos raak, voer kardiopulmonêre resussitasie uit.

Kleuters en ouer kinders

Moedig jou kind aan om te hoes as hy nog geluide maak. Dit kan help dat die voorwerp loskom wat die blokkasie veroorsaak. Belangrik: moenie ’n vreemde voorwerp prober verwyder as jy dit nie kan sien nie. Doen jy dit, is die kans goed dat jy die blokkasie dieper in die lugweg afdruk.

Praat met jou kind. Vra of hy verstik. As jy bloot net ’n kopknik of geen reaksie uit die kind kry nie, het hy hulp nodig.

Al die inhoud hier, die advies van dokters en ander gesondheidskenners inkluis, moet slegs as menings beskou word. Vra altyd die raad van jou eie dokter in verband met enige vrae of probleme wat jy dalk met jou of ander mense se gesondheid het.

BRON: Parents.com, http://raisingchildren.net.au, YouTube