Deur vriendskap leer kinders belangrike lewensvaardighede soos deel en tegemoet kom. Hulle leer ook kritiese kognitiewe vaardighede soos misverstande met ander mense verwerk. Vriende bied ook morele ondersteuning wat ’n mens minstens een keer in jou leeftyd nodig het. Bygesê, party kinders maak maklik vriende, terwyl ander ’n bietjie aanmoediging nodig het.

Die skrywer David Dobbs beskryf die verskynsel volmaak. Hy noem dit die “orgidee-hiptese”. David vergelyk party kinders met botterblomme, plante wat in amper enige omgewing kan floreer, terwyl ander kinders meer soos orgideë is. Die onderskeiding is belangrik, want die orgidee is broser as die botterblom. Maar as die orgidee die regte omgewing gegee word, kan dit “ ’n selsdame en buitengewone blom voortbring”. Die goeie nuus is dat ouers ’n belangrike rol daarin kan speel om hul kind te ondersteun wat sukkel om vriende te maak.

Die sielkundige wys ook daarop dit is belanrgik dat die kind die waarde van vriendskap verstaan.

Kerry Acheson, ’n sielkundige van Kaapstad, stel voor ouers reël speelafsprake. Die kinders se onderwysers kan geskikte tydgenote daarvoor help identifiseer.

“Vir kinders wat sukkel met sosialisering, kan ouers dit meer hanteerbaar maak deur die duur kort te hou, toesig te hou soos nodig, en met ’n gestruktureerde aktiwiteit te begin soos die akwarium besoek of koek bak,” beveel sy aan.

Sy voeg by dit is belangrik om “klein te begin, en die kind te help om ’n positiewe, suksesvolle ervaring te hê, en daarop voort te bou”. Sodoende moedig ouers ‘n toename in vertroue en motivering aan.

Die sielkundige wys ook daarop dit is belanrgik dat die kind die waarde van vriendskap verstaan.

“Jy kan jou kind vaardighede help ontwikkel deur empatie by jou kind te kweek. Jy kan hulle ook vra hoe hulle sou voel as die bordjies verhang was. Wat dink hulle beteken dit om ’n vriend te wees en wat beteken dit nie?”

Kerry stel voor jy help kinders doeltreffende strategieë uitdink om moeilike gevalle te hanteer en betrek hulle sodoende by die proses. Dit is ook belangrik om die kind se moeite te erken.

“Prys die pogings en vordering wat die kind op die gebied maak. Dit kan gepas wees om ’n program van positiewe versterking te gebruik om doelwitte te stel en pro-sosiale gedrag aan te moedig.”

Hier is nog wenke om jou kind te help vriende maak:

  1. Wees ’n positiewe rolmodel. Leer jou kind die waarde van vriendskap deur jou eie verhoudings.
  2. Verstaan jou kind se vriendskapstyl. Die manier waarop jy vriende maak, verskil dalk van die manier waarop jou kind vriende maak, en ouers moet daarvan bewus wees. Bygesê, as groep-interaksie nie vir jou kind werk nie, beproef ’n ander benadering, soos een-tot-een-interaksie.
  3. Stel jou huis oop vir speelafsprake. Die regte omgewing is belangrik vir jou kind om genoeg vertroue en selfrespek op te hou om vriendskappe te bou en onderhou.
  4. Betrek hulle; moet hulle nie dwing nie. Ten einde durende vriendskappe te smee, is dit belangrik dat kinders gewillig aan die proses deelneem. Vorder volgens hul pas en onthou om hul vordering te erken. Later sal selfs die orgidee blom.

-Samantha Luiz

Ekstra bronne: childmind.org, thepowerofintroverts.com