Dit sal die kinders se lus vir pret en kreatiwiteit bevredig – en dan het hul boonop iets om vir ma en pa mee te bederf!

Stringe liefde

[caption id="attachment_67134" align="aligncenter" width="600"]Stringe liefde Foto’s oorgespeld van American Threads en DIY Enthusiasts[/caption]

Gebruik sommer wol en papier om dié eenvoudige harte-kranse te maak. Jou klas kan selfs saamwerk – een kind kan die uitgeknipte harte gebruik terwul ’n maat die papiertjies gebruik wat oorbly.

Netjies uitgeknip

[caption id="attachment_67135" align="aligncenter" width="600"]Uitgeknip Foto’s oorgespeld van The Cards We Drew en Jenny M[/caption]

Nog ’n maklike idee vir ’n Valentynskaartjie – al wat jy nodig het is ’n paar stukke gekleurde karton of ’n papierbord. Vou oulike kaartjies waarin jou klas boodskappe vir hul maats kan skryf.

Krans van harte

[caption id="attachment_67136" align="aligncenter" width="383"]Hartekrans Foto’s oorgespeld van Sassy Dealz, Practically Functional en Café Mom[/caption]

Wys jou klas stap-vir-stap hoe om hul eie hartekrans te maak. Hulle kan sommer stukkies weggooi-papier gebruik of jy kan vooraf stroke gekleurde karton uitknip.

Te dierbaar

[caption id="attachment_67137" align="aligncenter" width="600"]Jy's te dierbaar Foto’s oorgespeld van Sassy Dealz, Practically Functional en Café Mom[/caption]

Jonger kinders van graad 1-3 sal dit geniet om hul eie troeteldiere vir Valentynsdag te maak. Gebruik die hartvorms om ore, gesigte en neuse vir enigiets van muise en honde tot katte en gediertes te maak.

Kleurvolle harte

[caption id="attachment_67138" align="aligncenter" width="500"]Kleurvolle harte Foto’s oorgespeld van Linen and Lace Love en Angelica Kendall[/caption]

Maklik en sommer baie vinnig! Skryf agterop ’n Valentynsbriefie of gebruik dit as ’n boekmerk.

Soete liefde

[caption id="attachment_67139" align="aligncenter" width="600"]Soet soos liefde Foto’s oorgespeld van DIY and show, Better Homes and Gardens, Tipjunkie en Maria Del Pinto[/caption]

Omskep goedkoop stokkielekkers in klein bederfies vir Valentynsdag en voeg ’n persoonlike boodskap by. Laat jou klas hul eie omhulsels vou, ’n blommetjie maak of ’n oulike kaartjie maak met ’n foto wat hulle van die huis af saambring. Maak net seker jy doen dit kort voor pousetyd – hulle gaan dalk nie lank kan uithou om die lekkers te verorber nie!

’n Riem onder die hart

[caption id="attachment_67140" align="aligncenter" width="600"]Foto’s oorgespeld van KC Beshears en How We Learn Foto’s oorgespeld van KC Beshears en How We Learn[/caption]

Gebruik ou wol of tou om dié oulike harte-vorms te versier.

Liefdesbesies

[caption id="attachment_67141" align="aligncenter" width="600"]Foto’s oorgespeld van No Time For Flashcards, Sassy Dealz en Handmade Website Foto’s oorgespeld van No Time For Flashcards, Sassy Dealz en Handmade Website[/caption]

Met gekleurde papier, ’n gebruikte kurkprop, plastiekogies en ’n swart koki kan jou klas ’n hele paar oulike goggatjies maak vir Valentynsdag. Kyk net hoe kostelik!

Druk jou stempel af

[caption id="attachment_67142" align="aligncenter" width="490"]Foto’s oorgespeld van Ja Debusk en Sara Sakamato Foto’s oorgespeld van Ja Debusk en Sara Sakamato[/caption]

’n Eenvoudige idee wat net ’n leë toiletrol en ’n bietjie verf gebruik. Maak die hartvorm met die leë toiletrol en draai kleeflint om die rolletjie om die vorm te behou. Druk die punt in ’n bietjie rooi verf en siedaar!

Liefdesbrief in ’n bottel

[caption id="attachment_67143" align="aligncenter" width="600"]Foto’s oorgespeld van Anisa Petricka en Modge Podge Rocks Foto’s oorgespeld van Anisa Petricka en Modge Podge Rocks[/caption]

Laat jou klas ’n paar leë glasbottels skool toe bring. Hulle kan dit met papier doilies, harte en sellofaanpapier versier en volmaak met lekkers. Raak so kreatief as waarvoor jy tyd in jou klas kan afstaan!