Die nuus dat ? klein kindjie in ? motorstoeltjie gesterf het, ontlok gewoonlik verontwaardiging en beelde van onverantwoordelike ouers wat hulle kinders in ? kokende warm motor los waar hulle dan omkom in die versengende hitte.

Die meeste ouers besef egter nie dat motorstoeltjies ? skielike dood vir babas kan beteken, selfs al is hulle nie eens in die motor nie. Ali en Derek Dodd, ? paartjie van Oklahoma in die VSA, het in April verlede jaar hul jongste kind, Shepard, (11 maande) vas aan die slaap in die motorstoeltjie by ? kinderoppasser gelos. Ondanks hul waarskuwings dat sy hom elders moet laat slaap, het die oppasser hom in die stoeltjie gelos. Teen die tyd wat die oppasser kom kyk het of alles reg is, was sy lugweë verstop en het hy versmoor.

“’n Gedeelte van ons lewe is verwoes,” het Derek aan Fox23.com gesê.

“En dit is onherstelbaar. Babas kan nie vervang word nie,” het sy vrou bygevoeg.

Hul seuntjie se dood het Ali en Derek aangespoor om ander ouers in te lig oor die gevare daaraan verbonde om jou kinders in motorstoeltjies te los, en ook strenger opleidingsprogramme vir kinderoppassers, asook strawwe wetgewing vir dagsorgsentrums waar daar na klein kindertjies omgesien word, te propageer.

“Ek is nie op die oorlogspad jeens dagsorgsentrums, die eienaars van dagsorgsentrums of dagsorgwerkers nie. Ek soek slegs die feite. Ek wil net uitvind wat gebeur het en wil hê dat almal om die tafel daarna moet kyk om te bepaal of daar ’n beter manier is om dit te doen,” het Kay Floyd, ? lid van Oklahoma se senaat, gesê.

Bronne: Mirror.co.uk, Fox23.com, facebook.com