brieff

Nadat ontstelde ouers uitgevind het hulle seun het gekgeskeer met ’n noodoproep, is hy summier gehok. Meer nog, hulle het vereis dat hy ’n brief aan die noodeenheid skryf waarin hy om verskoning vra.

Die Gr 6-seun van Georgia in die VSA is glo deur sy vriende uitgedaag en het glo die 911 gebel, “deez nuts” geskree en toe weer neergesit.

Sy ouers het hom na die noodeenheid geneem waar hy sy brief aan die beamptes moes voorlees. Hulle was glo so beïndruk dat hulle die verskoning aanvaar het en boonop die seun en sy ouers op ’n toer deur die fasiliteit geneem het.

Kyk hier na sy oulike brief:

briefff

Bronne: Savannah-Chatham Metropolitan Police, Huffington Post