Dit is nou al die derde keer die kwartaal wat jou klas mondeling moet praat. Toe jy aan die begin van die periode jou klaslys regskuif, kan jy sien hoe sak André Acker se kop op sy lessenaar, en sy moed in sy skoene. Want juffrou begin gewoonlik boaan die klaslys as die kinders moet mondeling praat. Of voorlees. Of hul boeke laat teken.

Zelda Zaayman lyk ook effens senuweeagtig, want om van onder af die klaslys na bo deur te werk is die tweede beste opsie. Jy kan altyd net jou oë toeknyp en sommer net die een op sie se naam jou vinger land, na voor roep.

Danksy ’n app van iLEAP, hoef onnies nooit weer ienkie, pienkie, ponkie te speel nie. “Pick a Student” laat jou toe om jou hele klaslys (ook veelvoudige klaslyste vir hoërskoolonnies) op te laai en dan doen die app die res.

Pick a student app

Druk eenvoudig ’n knoppie op die skerm elke keer wanneer jy ’n volgende leerder wil kies. Jy kan selfs jou iPad of selfoon met jou witbord verbind, sodat die hele klas kan sien wie se beurt dit volgende is.

Daar is verskillende verstellings waaruit jy kan kies, afhangend of jy wil hê elke leerder in die klas moet ’n beurt kry of net ’n lekker klasdebat aan die gang wil kry.

iLeap pick a studentDie app is net vir iPhone, iPad en iPod en kan gratis in die iTunes-winkel afgelaai word.

Shané Barnard

Bronne: edutopia.org, itunes.apple.com