Johannesburg –

Hoewel die getal mense wat biblioteekgeriewe gebruik aan die toeneem is, gebruik hulle dit meestal om te studeer, navorsing te doen of vir internettoegang, sê Nobuntu Mpendulo, direkeur van biblioteke in Johannesburg.

Het jy geweet?

  • Johannesburg het 87 biblioteke.
  • Altesaam 67 van hulle het LAN- of WiFi-internettoegang.
  • Op die dag toe die WiFi-toegang by die biblioteek in Sandton bekendgestel is, het besoekers wat flieks aflaai die stelsel laat haak nog voor Parks Tau, burgemeester van Johannesburg, ’n proeflopie tydens sy toespraak kon doen.
  • Meer as 5,3 miljoen mense het tussen Junie verlede jaar en Mei vanjaar die biblioteek besoek.
  • Altesaam 342 929 boeke is in dieselfde tydperk uitgereik.
  • Die mees gebruikte boeke in biblioteke in Johannesburg is kinderboeke, handboeke en verwysingsmateriaal.
  • Niefiksieboeke, veral woordeboeke, is van die boeke wat die meeste uit biblioteke gesteel word.
  • Biblioteke ontvang befondsing van die nasionale departement van kuns en kultuur, hul onderskeie provinsies, munisipaliteit, toelae, borge en skenkers.
  • Nog drie biblioteke is in aanbou: in Naturena, Freedom Park en Driezik.
  • Nog drie sal in die volgende finansiële jaar gebou word: in Lehae, Stratford en Patterson Park.
  • Die dinge wat die grootste bedreigings vir biblioteke inhou, sluit in: afname in lesers, kompetisie met massamedia, ’n tekort aan boeke in inheemse tale en boekvandalisme.

News24

SuperMa deel ook:

Kry jou kinders aan die lees.

Help jou kind om die biblioteek te gebruik.