Guinerve Valentin van Tijuana, Mexiko, is in hegtenis geneem nadat maatskaplike werkers die ondervoede kleuter, wat vol kneusmerke was, gevind het.
Die babadogtertjie se gesondheid was swak, maar sy is nou in die sorg van maatskaplike werkers.

“Ek gee nie om nie, ek weet sy (haar dogter) is sterwend,” het sy aan die polisie gesê.

Die 26-jarige vrou het ook ’n vier- en vyfjarige seun.

“Al drie kinders word tans versorg, ” het ’n polisiewoordvoerder gesê.

“Die babadogtertjie se gesondheid was swak, maar sy is nou in die sorg van maatskaplike werkers.”

’n Foto van die kleuter is beskikbaargestel, maar haar gesig is vervaag om haar identiteit te beskerm. Hoewel sy aan die herstel is, is dit nog onduidelik of sy op lang termyn gesondheidsprobleme sal ervaar weens die ernstige wanvoeding.

Bronne: inquisitr.com, metro.co.uk, dailymail.co.uk