Rowan Hansen’s se brief lees:

Beste DC Comics,

My naam is Rowan en ek is 11 jaar oud. Ek is mal oor superhelde en lees al sedert ek klein is strokiesprente en kyk flieks en TV-reekse oor superhelde.

Ek is ’n meisie, en is ontsteld want daar is nie vreeslik baie vroue-superhelde in DC se flieks of strokiesprente nie.

Vir my verjaarsdag het ek van julle Justice League Chibis™ gekry. Ek het opgelet dat daar net twee meisie-chibis is, maar 10 seuns. Die agtergrond vir die meisies was ook alles pienk en pers.

Toe ek klein was het ek die Justice League-reeks saam met my pa gekyk. Daar is Superman en Batman flieks, maar nie flieks oor Wonder Woman nie. Julle het ook ’n Flash TV-reeks, maar nie een vir Wonder Woman nie.

Marvel Comics het ’n fliek oor ’n pratende boom en ’n ratel gemaak, en dit was baie koel, maar daar is nog nie flieks oor Wonder Woman nie.

Ek sal baie hou van ’n speelfiguurtjie oor Hawkgirl of Catwoman of al die meisies van die Young Justice TV-reeks. Ek hou baie van julle strokiesprente, maar sal selfs meer daarvan hou as daar meer meisies in kon wees. Ek het baie mense gevra of hulle flieks kyk of boeke of strokiesprente lees waarin meisies die hoofkarakter is, en hulle almal het ja gesê. Doen asseblief iets hieraan. Meisies lees ook strokiesprente, en hulle gee om. Groete, Rowan

DC Comics het op Rowan se brief gereageer en gesê hulle werk hard daaraan om meer vroue-superhelde te skep, en hulle het ook vir haar ’n illustrasie gestuur waarin klein Rowan as ’n superheld uitgebeeld word.

Bronne: Twitter, Buzzfeed, Independent.co.uk