Hy het toe ’n boodskap aan ChadMichael Morrisette gestuur waarin hy jammer sê omdat hy hom geboelie het omdat hy gay en kleiner as die ander kinders was. Die boodskap lui: “Ek het onlangs met my 10-jarige dogter oor boelies gesels. Sy het gevra of ek al ooit iemand geboelie het en ek moes ongelukkig ja sê. Toe het ek besef hoe lelik ek op hoërskool met jou was. Ek wil verskoning vra. Ek weet nie eens of jy onthou nie, maar ek onthou, en ek is jammer.”

Die gebaar het ChadMichael ontroer. “Dit het iets in my geraak wat ek nie besef het ek aan vasgeklou het nie. Ek het ’n bietjie gehuil. Dit was baie roerend.” Hy het die boodskap beantwoord en die verskoning aanvaar. “Dit het my diep getref,” skryf hy. “In 20 jaar is jy die enigste mens wat jammer gesê het omdat hy my geboelie het toe ons jonger was. Ek hoop jy kan met trots vir jou dogter sê jy het ook jammer gesê en dat dinge tussen ons oukei is.” Louis was verlig dat ChadMichael sy verskoning aanvaar het. “Jy kan nie jou verlede verander nie, maar dit bly deel van jou. Ek kan nie die dinge wat ek hom genoem het en die dreigemente ongedaan maak nie, maar ek kan jammer sê. Dit verskoon glad nie my gedrag as kind nie, maar as volwassene is dit die beste wat ek kan doen om daarvoor te vergoed.” Bronne: huffingtonpost.com, elitedaily.com, mirror.co.uk