Jy slaan jou eerste werksonderhoud los en jy weet dadelik dat jy die beste indruk moontlik wil maak.

Onmiddellik wend jy jou tot jou Facebook-blad om seker te maak jy wis dadelik al daardie vernederende kiekies uit van daai partytjie op die boot of daardie keer wat jy al te lekker op die dansbaan gevoetjie het.

Jy wil tog nie hê jou toekomstige werkgewers moet jou onder sulke omstandighede sien nie!

Lees ook: Weet jy dat Facebook ’n versteekte boodskapfunksie het?

As jy die brandende begeerte het om te sien wat jy al alles op dié gewilde sosialemediaplatform aangevang het, sal jy bly wees om te hoor daar is ’n manier.

Van die vriende wat jy oor die jare ‘unfriend’ het, tot elke…liewe…boodskap wat jy ooit op jou eie muur of vriende se profiele gedeel het.

Lees ook: Hier’s wat jy moet doen as jy in die nuwe Facebook-virusstrik getrap het

Facebook het toegang tot al hierdie inligting en bewaar elke plasing, elke ‘like’ elke foto tot in ewigheid.

Hulle ken jou dalk beter as wat jy jouself ken – vandaar dat die advertensies wat jy op Facebook sien so skrikwekkend akkuraat tot jou smake is.

Hier is hoe jy kan sien watter inligting Facebook alles oor jou bewaar. Maar wees gerus: hierdie (potensieël vernederende) inhoud is gelukkig net vir jou oë. En natuurlik Facebook s’n.

1. Klik op die pyltjie regs bo.

facebook 2

2. Klik op "Download a copy of your Facebook data."

facebook 3

3. Klik op "Download Archive."

facebook 4

4. Klik op die zip-leêr.

facebook 5

5. Jy behoort nou al jou inligting te sien.

facebook6

6. Die "index.htm" leêr bevat al jou persoonlike inligting.

facebook 1

Ander stories op Huisgenoot.com:

Vrou vertel openhartig van haar lewe ná sy tydens gewapende rooftog geskiet, verlam is

Kyk net wat gebeur as vier mans hoëhakskoene ’n dag lank dra!

Jongmense, dit is waarom jy vandag al moet begin spaar

’n Maklike manier om alkohol vaarwel toe te roep