Sit jy met jou hande in die hare oor ’n regte omgeegeskenk vir jou ma of iemand wat jy graag op Moedersdag sou wou verras?

Kyk net hierdie oulike idee. En die lekker deel daarvan is boonop dat jy jou in ’n roomys (of meer) kan verlustig voor die geskenk vorm begin aanneem.

In die video word blinkertjies gebruik om die bandjie mee op te kikker, maar gee gerus jou verbeelding vrye teuels met patrone, dalk kraletjies of selfs die kombinasie van ’n paar foto’s wat jy hierop kan aanwend. Of hou dit eenvoudig deur dit sagkens met skuurpapier af te rond en te verseël met ’n lak.

Jy benodig:

’n Roomysstokkie of 10 (net vir daardie “ingeval-een-breek” oomblik).

’n Kastrol met water.

’n Glas of beker (dit moet oondbestand en gerond wees).

Jy kan Mod Podge en ook tweekantige kleeflint gebruik om jou ontwerpe op die armband te monteer.

Die produkte waarmee jy die armband wil versier.

’n Uur of twee tot jou beskikking.

Terloops, as jy nie ’n oond het nie, kan jy dit ’n dag lank in die son laat uitdroog.

Hier is ’n paar oulike idees hoe jy jou armband kan versier.

Ook op Huisgenoot.com

So werk arm brei

Laat jou rose langer hou met dié geheime resep

Wenk: Maak jou eie geskenkpapier

Laat jou sorge verdwyn met dié gratis inkleurprentjies vir volwassenes