1. Die kompetisie sluit 5 November 2015 om 17:00. Die wenners sal lukraak in ’n trekking gekies word. Die keuse van die wenners is finaal. Die wenners moet bereid wees dat hul naam en foto gepubliseer word. Die wenners sal in kennis gestel word. Die pryse is nie oordraagbaar nie en mag nie vir kontant geruil word nie. Werknemers (en hul gesinne) van Media24 en die borge mag nie deelneem nie. Deur aan die kompetisie deel te neem, gee jy Media24 jou volle toestemming om van tyd tot tyd vir jou promosie- en bemarkingsmateriaal per SMS te stuur. Jy moet die geregistreerde gebruiker van die selfoon wees, so nie moet jy die eienaar se toestemming kry om daarmee aan die kompetisie deel te neem. Elke SMS kos R1,50. Media24 en die borge aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige skade wat uit deelname aan die kompetisie spruit nie.
  2. Die prys: Daar is een (1) prys wat ’n reis vir ’n gesin van vier na Hermanus behels, insluitend ’n oggendtoer van die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimte-agentskap (Sanra-toer). Disney sal retoervliegkaartjies (standaardklas) van die wenner se naaste lughawe na die Kaapstadse Internasionale Lughawe, vervoer tussen die lughawe en die hotel, twee nagte in ’n bed-en-ontbytplek (minstens drie sterre onderhewig aan beskikbaarheid) en maaltydbewyse vir tot vier mense (twee volwassenes ouer as 18 en twee kinders jonger as 18) en vervoer tussen die hotel en Sanra verskaf.
  3. Die Sanra-toer kan net op weekdae onderneem word en kan aan ander sluitingsdae onderhewig wees.
  4. Die prys moet tussen 14 Januarie 2016 en 30 April 2016 benut word. Die wenner moet Disney minstens vier weke vooruit van hul verkose reisdatums in kennis stel.
  5. Disney sal verantwoordelik wees vir die reël en lewering van die prys.
  6. Slegs Suid-Afrikaanse burgers ouer as 18 jaar mag aan die kompetisie deelneem.
  7. Minderjariges jonger as 18 jaar moet te alle tye deur ’n volwassene vergesel wees.
  8. Die wenner sal vir die reël van hul eie versekering verantwoordelik wees.
  9. Die wenner sal verantwoordelik wees vir enige ander uitgawes wat nie spesifiek in die bepalings en voorwaardes van die kompetisie genoem word nie.
  10. Die Promotor behou die reg voor om die kompetisie en die bepalings en voorwaardes enige tyd sonder vooraf kennisgewing te kanselleer of te verander. Die Promotor van hierdie kompetisie is Media24 Tydskrifte.