PlayKids is die grootste, gewildste kinder-app ter wêreld – en danksy Huisgenoot, YOU en Drum is dit nou met uniek Suid-Afrikaanse inhoud beskikbaar. Die app is propvol leer- en vermaakervarings – van speletjies en vlytprojekte tot video’s, stories, boeke en saamsingliedjies.

En moet jou nie bekommer dat jou kind dalk in ’n zombie sal verander nie! Die app is nie net vermaak nie, dit gaan ook oor saam leer.

Dit beteken kinders van so jonk as twee jaar kan hul fyn motoriese vaardighede slyp met raaisels en ander speletjies, terwyl ouer kinders sal baat vind by oefeninge wat basiese spelling en wiskunde leer, asook saamsingliedjies en danspassies wat hulle aanmoedig om meer te beweeg. ’n Rits vlytprojekte sal jou en jou kind elke dag nuwe dinge gee om saam te doen.

Boonop is daar die geleentheid om nuwe tale te leer: die app het Afrikaanse inhoud van Lollos, asook ’n Portugese en Spaanse “treinwa” met stories en liedjies om die nuwe vreemde tale te leer.

So werk dit

Die tuisskerm van die app is een groot trein en elke wa bevat iets opwindends vir jou kind om te doen. Die eerste een is vol speletjies, die tweede een bevat al die PlayKids Originals – karakters wat die PlayKids-handelsmerk geskep het. Dan volg die gewilde Suid-Afrikaanse video’s van Jungle Beat en Lollos.

Jy kan ook uitsien na ’n Disney-treinwa en waens wat by die ander PlayKids-apps aansluit – PlayKids Party, PlayKids Learn, PlayKids Watch and Create en PlayKids Stories. Die laaste treinwa bevat wiegeliedjies.

Nuwe inhoud word gereeld opgelaai; dus is daar altyd iets nuuts vir ’n jong verstand om te verken.

Data is ook nie ’n probleem nie. Die meeste video’s en speletjies kan op jou slimfoon of tablet afgelaai word en dan steeds aflyn gebruik word wanneer jy nie aan mobiele data of wifi verbind is nie.

Die app is in die Google Play- en Apple-appwinkel te kry.

Prys

Suid-Afrikaners kan gebruik maak van ’n gratis proeftydperk van sewe dae wat jou tot al die inhoud in die app toegang gee.

Dit sluit boeke, stories, video’s, speletjies en aktiwiteite in. As jy hou van wat jy sien, kan jy maandeliks inskryf teen ’n koers van sowat R59,99 per maand om tot al die inhoud toegang te kry.

As jy nie inskryf nie, sal die app terugkeer tot ’n meer beperkte weergawe wat jou ’n paar basiese aktiwiteite bied, maar nie bygewerk word nie en die biblioteek buite werking stel.

Om die app nou te kry, gaan na die Google Play Store vir Android of die iTunes-winkel vir Apple-toestelle.