LitNet hou weer vanjaar hul wetenskapsfiksiewedstryd vir gr. 10-tot 12-leerders. Leerders kan hul stories van tussen 700 en 1000 woorde inskryf.

Elzette Steenkamp, ’n kenner van wetenskapsfiksie wat onlangs haar Ph.D. in Engels aan Rhodes-universiteit verwerf het, sal deur die inskrywings werk en 20 kortverhale keur, waaruit die beoordelaars, Fanie Viljoen, Eldridge Jason, Elizabeth Wasserman en Koos Kombuis, die wenners sal kies. Die wenner kry R4 000 kontant, ’n Kindle Fire-bondel en LAPA-boekpakkie en sy of haar skool sal ook R4000 in die sak kan steek. Die tweede en derde plek kry onderskeidelik R3 000 en R2 000 asook LAPA-boekpakkies. Die vierde en vyfde plek kry elkeen R1 000 en LAPA-boekpakkies.

Inskrywings word reeds aanvaar en sluit op 24 April 2015.

Onderwysers wat 20 of meer leerders laat inskryf se naam sal by ’n gelukstrekking gevoeg word. Ná die wedstryd word die wen-onnie bekendgemaak.

LitNet Akademies Kuberklas se Facebook-blad sal deur die loop van die wedstryd pryse weggee. Volg dié blad vir die jongste nuus oor die wedstryd en wyse raad van gewilde Afrikaanse skrywers.

Inskrywings word reeds aanvaar en sluit op 24 April 2015. Vir jou inskryfvorm en nog inligting oor hoe om in te skryf, klik hier:

Afrikaans hoef glad nie terug te staan vir Engelse “sci-fi” nie, sê Elzette. “Afrikaans het sy eie groot idees en oorgenoeg talent om Afrikaanse wetenskapsfiksie vir jong lesers toeganklik te maak.”