JP het kort voor die Proteas se toer Bangladesj toe die Kaapse babawinkel Mamas & Papas in die V&A Waterfront ingevaar met sy hoogswanger vrou om daar inkopies vir hul babadogter te doen. Hul kleinding spog al reeds met ’n groot klerekas, verklap Sue.

Die paartjie het onlangs in hul dubbelverdieping-droomhuis in die Kaapse spogbuurt Plattekloof ingetrek en dié amper-ma het seker gemaak sy het alles wat sy nodig het vir hul dogter se babakamer. Die paartjie het onder meer besluit op ’n stylvolle Armadillo-stootwaentjie, karstoeltjie en jip, nog klere, bieg Sue.

Sy het ook op die sosiale netwerk Instagram ‘n foto van al dié inkopies gedeel. JP is in die wolke om vir die eerste keer pa te word.

“Ek is baie opgewonde en ook terselfdertyd senuagtig, maar ek kan nie wag om haar vir die eerste keer in my arms vas te hou nie,’’ sê hy. Ons kan nie wag om die paartjie se prinsessie te ontmoet nie!

Lees meer oor JP en Sue se swangerskap in die jongste uitgawe van Huisgenoot.

[post-slider]

Foto's: Shireen Louw, David Briers