K Kyk dié oulike kiekies en video’s van die twee pelle wat saamspeel.

I can't even imagine the adventures these two will have once it's warm enough to go outside!! #pearlspigtales #libbyandpearllove

A photo posted by Lindsey Bonnice (@livesweetphotography) on

Met hul helder ogies, nat snoete en sagte pels sal hulle enige diereliefhebber se hart vermurwe. En hoewel boepensvarke nog altyd as ’n gier onder bekendes beskou is, raak die diere ’n al hoe gewilder troeteldier, ook in Suid-Afrika.

Wat is ’n boepensvark?

“Boepensvarke is kleiner as plaasvarke en leef vir 12 tot 14 jaar,” sê Susan Spencer, skrywer van die Teacup Pig e-boekreeks, wat vir 18 jaar boepensvarke naby Modimolle, Limpopo geteel het. “Soos die naam aandui, het hulle ’n kenmerkende boepie.”

Hoewel boepensvarke klein is met geboorte (hulle weeg sowat 500g), raak hulle baie groter,” sê dr. Tom Spencer, ’n varkkenner en dosent aan die Universiteit van Pretoria se fakulteit veeartsenymedisyne. “Volwasse boepensvark weeg sowat 45kg en kan tot kniehoogte groei. Kommersiële varke kan tot 250kg weeg en heuphoogte bereik.”

Wat jy moet weet oor varke as troeteldiere:

- Die veeartskostes van boepensvarke aanhou is heelwat minder as dié van ’n kat of hond, sê dr. Elsje Pieterse, ’n navorser en dosent aan die Universiteit Stellenbosch se departement van veeartsenywetenskappe .

- Anders as honde, het varke nie baie oefening nodig nie, maar dit is goed vir hulle, sê Susan. “Kry ’n harnas wat om hul lywe gaan eerder as ’n leiband wat maklik oor hul koppe kan glip.”

- Varke is nie spelerig nie en kou nie aan goed nie, maar ’n speelding met ’n bederfie binne-in sal hulle besig hou. “En hulle sal beste vriende met jou hond word,” sê Elsje. “Veral as hulle saam grootword.”

- Jy kan nie boepensvarke baie optel nie. “Jy kan jou rug seermaak omdat hulle so swaar is,” sê Susan. As jy dus soek vir ’n skoothondjie, is ’n vark nie die beste keuse nie.

- Susan sê boepensvarke het aandag nodig – jy kan hulle nie heeldag alleen by die huis los nie. Speel met hulle en leer vir hulle truuks, nes jy met ’n hond sou doen. Dit sal nie help om meer as een vark te kry nie, want hulle speel nie met mekaar nie.

- Vra die teler vir hul veearts se kontakbesonderhede. Die veearts sal vir jou kan sê of jy ’n opreggeteelde boepensvark koop.

- Dring aan op verwysings – verkieslik van eienaars wat hul vark al langer as vier jaar het. Jy sal dan eers kan vasstel hoe groot die volwasse vark gaan word.

Bronne: Instagram, Youtube