Foto’s van waar David (40) met sy dogter en oudste seun, Brooklyn (16), die afgelope naweek in Hollywood middagete eet, het soos ’n veldbrand op die internet versprei. Op die foto’s dra David en die modeontwerper Victoria Beckham (41) se enigste dogter ’n pienk sonrokkie en stap sy langs haar pa – met ’n fopspeen in haar mond.

Ouerskapkundiges van regoor die wêreld het hul menings gegee oor die feit dat Harper nog aan ’n fopspeen suig. Clare Byam-Cook, ’n voormalige vroedvrou, het aan MailOnline gesê: “Ek kan nie glo sy het steeds ’n fopspeen nie. As sy op die ouderdom van vier jaar nog ’n fopspeen in haar mond het, kan dit haar tande beskadig, en die kans is groot dat dit die ontwikkeling van haar spraak sal strem.” Bewonderaars het op Twitter hul sê gesê oor die kleuter en haar troostertjie. “Sy is so dierbaar, maar heeltyd ’n fopspeen hê op vier? Komaan, mnr. en mev. Beckham. Dis tyd om jul liefde te wys deur streng te wees of die eerste geld weg te sit vir ortodontisafspraak,” het een bewonderaar getwiet.

Die voormalige sokkerspeler het op Instagram sy misnoeë uitgespreek oor die feit dat mense sy ouerskap kritiseer. “Hoekom voel mense hulle het die reg om ’n ouer oor hul eie kinders te kritiseer sonder dat hulle enige feite het?” het hy geskryf in die byskrif van ’n skermskoot van die oorspronklike artikel. Die ster sê ook klein Harper het die dag nie lekker gevoel nie en die fopspeen het haar help troos. “Almal wat kinders het, weet wanneer hulle nie lekker voel nie of koors het, doen jy wat hulle die beste troos en meestal is dit ’n fopspeen. Diegene wat ons kritiseer, moet twee keer dink oor wat hulle oor ander mense se kinders sê, want jy het eintlik geen reg om my as ouer te kritiseer nie.”

Ouerskapkundiges van regoor die wêreld het hul menings gegee oor die feit dat Harper nog aan ’n fopspeen suig. Clare Byam-Cook, ’n voormalige vroedvrou, het aan MailOnline gesê: “Ek kan nie glo sy het steeds ’n fopspeen nie. As sy op die ouderdom van vier jaar nog ’n fopspeen in haar mond het, kan dit haar tande beskadig, en die kans is groot dat dit die ontwikkeling van haar spraak sal strem.”

Bewonderaars het op Twitter hul sê gesê oor die kleuter en haar troostertjie. “Sy is so dierbaar, maar heeltyd ’n fopspeen hê op vier? Komaan, mnr. en mev. Beckham. Dis tyd om jul liefde te wys deur streng te wees of die eerste geld weg te sit vir ortodontisafspraak,” het een bewonderaar getwiet.

Die voormalige sokkerspeler het op Instagram sy misnoeë uitgespreek oor die feit dat mense sy ouerskap kritiseer. “Hoekom voel mense hulle het die reg om ’n ouer oor hul eie kinders te kritiseer sonder dat hulle enige feite het?” het hy geskryf in die byskrif van ’n skermskoot van die oorspronklike artikel. Die ster sê ook klein Harper het die dag nie lekker gevoel nie en die fopspeen het haar help troos. “Almal wat kinders het, weet wanneer hulle nie lekker voel nie of koors het, doen jy wat hulle die beste troos en meestal is dit ’n fopspeen. Diegene wat ons kritiseer, moet twee keer dink oor wat hulle oor ander mense se kinders sê, want jy het eintlik geen reg om my as ouer te kritiseer nie.”

Bronne: mirror.co.uk, dailymail.co.uk