“Ma, ek’s verveeld.”

“Pa, hier’s niks om te doen nie.”

Hoor jy gereeld dié klagte by jou kroos? Jy’s nie alleen nie.

Die peiling, wat deur CBeebies Land by Alton Towers gedoen is, het bevind kinders kla gereeld tydens die ses weke lange somervakansie dat hulle niks het om te doen nie. Tien persent van die 2 000 ouers wat ondervra is, het die klagte tot vyf keer per dag gehoor.

Twee derdes van die ouers het gesê hulle sukkel om nuwe aktiwiteite uit te dink om met hul kinders tydens die skoolvakansie te doen. En byna die helfte van die ouers het erken skoolvakansies is net so stresvol as om ’n troue te beplan of om te verhuis.

Wat maak jy as jou kinders in die skoolvakansie kla hulle is verveeld?

BRONE: DAILYMAIL.CO.UK