Die Brit Richard Noble het vandeesweek die 30ste herdenking gevier van die wêreldlandspoedrekord van 1 019,47km/h wat hy op 4 Oktober 1983 opgestel het. Richard is die hoof van die Bloodhound SSC-projek wat in 2015/’16 gaan poog om dié rekord na 1 600km/h in die Noord-Kaap te verbeter.

Maar anders as met die eerste wêreldlandspoedrekord, is snelheid nie die Bloodhound-projek se enigste doelwit nie. Bloodhound wil graag kinders in Brittanje en Suid-Afrika se belangstelling in die wetenskap en ingenieurswese aanwakker. Om uit te vind hoe jou skool betrokke kan raak klik hier.

In hierdie video praat Richard en Andy Green, wat tans die houer van die wêreldlandspoedrekord is, oor die Bloodhound-projek:

Inligting: Engela Duvenhage, vir Southern Science.