MAKLIKE SKUIMPAPIER-BOOT

bootjie van polistireenhouer en takkie met blare

Julle het nodig

1 leë polistireen-avokadohouer

droë takkie van sowat 25 cm

wondergom

2 vissinkers, moere, boute of enigiets

anders wat swaar is

3 blare

lint van 7 cm

tandestokkie

sterk gom soos Bostik

Maak so

1 Maak die takkie staan deur een kant met wondergom in die middel van die bodem van die avokadohouer vas te druk. Dis die mas. 2 Druk twee sinkers, moere of boute weerskante van die mas in die wondergom vas. Dis die ballas. 3 Plak die blare met wondergom teen die mas vas. Dis die seile. 4 Knip ’n driehoekie weg uit die een punt van die lint sodat dit ’n vlagvorm het. Dis die vlag. 5 Plak dit met die gom aan die tandestokkie vas. Druk dit bo-op die mas in. BARBIE-BOOT

Barbie-boot

Julle het nodig

2 plastiek-waterbottels

groot rekkies

gekleurde plastiekband soos

isoleerband

kunsvlytmessie

Maak so

1 Verwyder die etikette van die waterbottels.

2 Plaas die bottels langs mekaar en klamp met die rekkies aan mekaar vas. Plak dan stewig aan mekaar vas met die gekleurde plastiekband.

3 Verwyder die rekkies.

4 Laat ’n ouer met die kunsvlytmessie ’n ovaal opening in elke bottel sny. Die ope­ninge moet langs mekaar wees sodat die speelgoed gemaklik langs mekaar daarin kan sit.

5 Maak Barbie en haar vriendin of aksiefigure daarin sit en laat hulle oor die water wegseil!

Bron Huisgenoot-Speel, Somer 2012/3

Visuele leiding en stilering Tina-Marié Malherbe

Produksie Marianne Burke

Foto’s Peet Mocke