Dis 19:00. Badtyd vir ons 20 maande oue kleuter, maar sy sit ’n keel op. Sy huil omdat sy weer wil tande borsel... vir die vierde keer vanaand.

Dis net mooi die teenoorgestelde van haar gewone tandesorggewoontes, wat gewoonlik ’n herhaalde “nee, nee, nee” behels die oomblik dat ’n tandeborsel naby haar kom. Dit kos gewoonlik omtrent mooipraat om haar haar tandjies te laat borsel, maar ons het vasgebyt omdat dit so belangrik is om dié gewoonte vroeg reeds aan te leer.

Maar daai gesukkel is iets van die verlede. Die afgelope week het sy haar tande meer as 30 keer geborsel (oggend en aand). Dalk besef sy nou eindelik hoe belangrik borsel is, maar ek vermoed dit het eerder te make met die ligte bessiesmaak van die Pure Beginnings Berry Toothpaste.

Toe sy die tweede dag geesdriftig “meer” gil, het ek dit geproe. Met ’n aangename bessiegeur – eerder as die gewone tandepastasmaak – en ’n bietjie xilitol vir soetigheid, kan ek verstaan hoekom sy daarvan hou. Boonop is dit veilig om te sluk – beslis ’n pluspunt as ’n mens in ag neem dis onmoontlik om ’n kleuter te oortuig om te spoel en spoeg.

Dis aan die duur kant, R29,99 vir 75 ml, en jy moet na ’n baba- of gesondheidswinkel gaan om dit te kry (of dit aanlyn koop by purebeginnings.co.za), maar as dit haar help om tandeborsel ’n gewoonte te maak, betaal ek graag ’n bietjie meer.

Pure Beginnings vervaardig organiese produkte vir babas, kinders en volwassenes. Die produkte bevat minder chemikalieë en geurmiddels en is ideaal vir jou kleuter se sagte vel. Ek het ook die Soothing Baby Wash (R64,95 vir 200 ml) en Soothing Baby Lotion (R68,95 vir 200 ml) op die proef gestel. Dit het ’n lieflike, ligte baobabgeur. Boonop is al die produkte natuurlik (vandaar die prys).

Die Fun Time Bubble Bath (R54,95 vir 200 ml) vir kinders was net so ’n treffer – die borrels is die wêreld vol geblaas. Net ’n proppie vol sorg vir ’n prettige borrelbad wat nie te seperig is nie. As jy ook al vergeefs probeer het om jou kleuter te oortuig om nie haar badwater te drink nie, is dié natuurlike produk net die ding vir jou badkamer.

Maar wag, laat ons eers badtyd agter die rug kry en haar oortuig dis regtig nie nodig om weer tande te borsel nie . . . al gaan ek beslis nog van hierdie tandepasta koop.

- Natalie Cavernelis

tande2