Baie studente is oorgehaal vir verdere studie, maar ’n gebrek aan geld steek ’n stok in hul studieplanne. The Bursary Register is ’n gids wat jaarliks verskyn en waarin die besonderhede van verskeie studiebeurse gelys word. Die gids is ingedeel in afdelings vir sekondêre onderrig en tersiêre studie, met broodnodige raad oor hoe leerders ’n kollege moet kies vir verdere opleiding. Die universiteitsbeurse is ingedeel volgens studierigting, soos onderwys, musiek, regte en medies. Laastens is al die adresse en kontakbesonderhede van die grootste tersiêre onderwysinstellings in een hoofstuk in die gids saamgevoeg.

The Bursary Register is ’n nuttige een-stop-gids waarin studente en voornemende studente al die nodige inligting oor beurse in een handleiding kan kry. Dit is jammer dat borge dit nie moontlik maak dat dié gids (R180 per uitgawe) gratis versprei kan nie. Bestel dit by: e-pos: rlevin@mweb.co.za, 011-472-3507 (faks), of skryf aan Posbus 178, Florida Hills 1716.

TBR08 Cover 2009